Categories: Junie, Landboukalender, Vee en rassePublished On: 6th June 2023

Sernick Bonsmara’s behaal goeie pryse op veiling ondanks uitdagings in rooivleisbedryf

By 3 min read
535 words

WhatsApp Image 2023-06-02 at 11.05.06

Sernick Bonsmara, deel van die Sernick-groep, het hulle 45ste jaarlikse produksieveiling aangebied en Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep, sê die veiling het alle verwagtinge oortref. Die omstandighede en tye is moeilik, maar die veilingsresultate het getoon dat kopers ‘n blink toekoms vir die rooivleisbedryf in Suid-Afrika sien.

‘n Totaal van 705 Bonsmaras het onder die hamer gekom.

Nick Serfontein is ‘n bekende naam in die bedryf, nie net in terme van Bonsmara teling nie, maar ook in die rooivleisbedryf. Nick is nie net gefokus daarop om genetiese vordering in die bedryf te aan te hits nie, maar hy produseer ook saad vir die saadbank, en hulle vorm ook deel deel van ‘n groot voerkraal, voerfabriek en abattoir waardeketting.

Johan van der Nest, is Sernick se afslaer vir die 40ste jaar. Johan sê: “Al is daar kommer oor die vleistekort in die wêreld, is Nick se teelprogram hoofsaaklik fokus op groei, voeromset, en laastens, die karkaseienskappe van die Bonsmara-ras – en dit is wat hom juis vorentoe vat.”  

Nick Serfontein, eienaar van die Sernick-groep sê: “Ondanks die vleisbedryf se krisis en uitdagings, gaan dit baie beter as ‘n jaar gelede. Die mense wat die veiling bygewoon het se gemoedere is positief en dit is wat ons in die bedryf nodig het.”

“Weens die krisis het ons nie hoë pryse op die veiling verwag nie, hoewel ek baie dankbaar is vir die goeie pryse en ondersteuning tydens die veiling,” voeg Nick by.

“Met ‘n leier soos Nick in die bedryf, lyk die vooruitsigte en die toekoms van die bedryf baie goed,” meen Johan.  

Volgens Johan is verandering die enigste ding wat konstant in die lewe is, en as jy nie daarby kan aanpas nie, raak jy agter!

“Dit is ‘n groot voorreg en geleentheid om hierdie pad saam met Sernick vir soveel jare al te stap en deel te kan wees van Sernick se veilings,” sluit Johan af.

Sernick se 45ste produksieveiling uitslae

“Die kommersiële diere het vanjaar ongelooflik goed gevaar, wat weer net wys dat die vraag na hierdie diere hoër is by die opkomende boere,” sê Nick. Hulle voorsien dat hierdie opkomende boeresektor sowat 60% van die kommersiële diere gaan aankoop, en hulle is baie optimisties hieroor.

Bulle

  • 54 Top Bonsmarastoetbulle is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R106 887.00. Die duurste bul van Sernick, Lot 5, word vir R350 000 verkoop.

Die duurste bul, Lot 5, is vir R350 000 verkoop.

Vroulike diere

  • 88 Bonsmarastoetkoeie is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R64 884.00.
  • Die duurste kommersiële dragtige verse of met kalwers, is vir R26 000 verkoop.

Die duurste stoetkoeie, Lot 57A, Lot 76A, Lot 94A, Lot 94B en Lot 99A is elkeen vir R85 000 verkoop.

Kommersiële diere

  • 291 Oop verse of gereed vir die bul,  was aangebied teen ‘n gemiddeld van R 15 667.00.
  • 31 Koeie en kalwers behaal ‘n gemiddeld van R 27 452.00.
  • 127 Dragtige koeie of met kalwers is verkoop teen ‘n gemiddeld van R 24 611.00.
  • 12 Dragtige koeie met kalwers (3-in1) behaal ‘n gemiddeld van R 36 636.00.
  • 102 Dragtige verse of met kalwers behaal ‘n gemiddeld van R 22 277.00.

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

Kliek hier om na die video te kyk op ProagriMedia.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0