Categories: Landboukalender, Mei, Vee en WildPublished On: 29th May 2023

Serfbred Brahmane behaal goeie pryse op hulle jaarlikse produksieveiling

By 2 min read
335 words

Screenshot 2023-05-25 095950

Die Serfbred Brahman-groep het weer die wit geregistreerde Brahman-veeveiling met hulle voortreflike diere oorheers. Op 11 Mei 2023 het die groep hulle jaarlikse veiling net buite Potchefstroom gehou.

“Ons produksieveiling het ‘n goeie opkoms van gaste en baie goeie ondersteuning gehad ten spyte van ekonomiese uitdagende tye,” verduidelik Carla de Kock van Serfbred Brahman.

Hier staan die koper van die duurste bul (Lot 15), Mkhululi Thebe langs Carla de Kock van Serfbred Brahmane.

Mkhululi Thebe, ‘n Brahman-teler van Zimbabwe, sê: “Om my Brahman-kudde se genetika te verbeter, het ons gekom na die Serfbred-veiling. Ons was bevoorreg om Lot 15 op die veiling te kon koop. Ons verwag dat sy genetika die algehele kwaliteit van ons kudde sal verbeter.”

“Dit was ‘n fantastiese dag gewees, maar tog ‘n bietjie senutergend aangesien jy die regte diere moes kies. Ek is baie gelukkig met die besluit wat ek geneem het en ek glo wel die bul is die beste van die skou,” sê Mkhululi Thebe, wat die duurste bul gekoop het.

Carla waardeer elke kliënt en koper wat hulle produksieveiling bygewoon het. Sy is vol vertroue dat hulle die genetiese kwaliteit van hulle kudde ‘n suksesvol bydra in elke koper se kudde sal meebring.

“Ons nooi almal hartlik uit na volgende jaar se produksieveiling, en ons sien uit daarna om almal weer daar teenwoordig te hê,” sluit Carla af.

Gemiddeld op die veiling

Die veiling was behartig deur Hendrik Nel (Afslaer) van Clive Gardner Auctioneers, Potchefstroom.

Bulle:

  • 8 Top Brahmanstoetbulle is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R 62 750.00. Die duurste bul van Serfbred Brahman, Lot 15, word vir R 130 000.00 verkoop aan Mkhululi Thebe van Zimbabawe.
Duurste bul (Lot 15) verkoop vir R 130 000 aan Mkhululi Thebe.

Vroulike diere:

  • 10 Oop verse behaal ‘n gemiddeld van R 26 600.00.
  • 23 Koeie en kalwers behaal ‘n gemiddeld van R 35 913.00.
  • 12 Dragtige koeie verkoop teen ‘n gemiddeld van R 28 500.00.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0