Serfbred Brahmane
Serfbred Brahmane behaal goeie pryse op hulle jaarlikse produksieveiling
Die Serfbred Brahman-groep het weer die wit geregistreerde Brahman-veeveiling met hulle voortreflike diere oorheers. Op 11 Mei 2023 het die groep hulle jaarlikse veiling net buite Potchefstroom gehou. “Ons produksieveiling het 'n goeie opkoms van gaste en baie goeie ondersteuning gehad ten spyte van ekonomiese uitdagende tye,” verduidelik Carla[...]