Categories: NewsPublished On: 19th September 2016

SA brandstofpryse gaan moontlik verhoog in Oktober

By 1 min read
128 words

brandstof

Suid-Afrikaners moet sorg dat hulle motors brandstof in het aan die einde van die maand, want die brandstofpryse gaan weer styg na twee maande se welkome verlagings.

Voorlopige ramings van die Sentrale Energiefonds dui daarop aan dat petrol- en dieselpryse met onderskeidelik 44 sent per liter en 12 sent per liter in Oktober kan verhoog. Dit maak die prys van petrol (95 loodvrye) R12,61 per liter waar dit R12,17 per liter was. Dieselpryse (0,05%) kan na R10,62 per liter verhoog en tans is dit R10,48 per liter.

Die redes vir die verhoging in brandstofpryse is as gevolg van die verswakte Rand teen die Dollar en hoër Brent-ru-olie pryse. Die maand het die Rand 3% teen die Dollar verswak.

In graanproduksie is brandstof verantwoordelik vir ongeveer 11% van die totale veranderlike koste.

Bron: Agbiz

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0