SA Braford hou goeie 10de nasionale veiling

447732524_990267299773263_1968710174275188623_n
(Foto: SA Braford Facebookblad)
Die SA Braford diere is bekend vir vroeë tot medium volwassenheid, met die verse wat puberteit bereik op ‘n jonger ouderdom terwyl hulle op gras, of in ‘n voerkraal, vinniger en met minder kos klaarkom. Hierdie eienskap, sowel as die ras se uitsonderlike voeromsettingsvermoë, lei tot groot finansiële voordeel vir die voerder.
Die diere het ‘n lang lewe en toon weerstand teen hitte en insekte en presteer dus besonders goed in warmer klimate. In kort, die diere is besonders mooi en van hoë gehalte.
Op die 8ste Junie 2024, het die SA Braford genootskap weer hulle jaarlikse nasionale veiling gehou te Parys, Vrystaat. Die uitstekende stoet bulle en vroulike diere het goeie pryse behaal.

‘n Volgepakte veilingsring tydens die 10de nasionale Braford veiling. (Foto: SA Braford Facebookblad)
117 diere was op aanbod, en die veiling het ‘n totale omset van R3 449 000 vir die dag gehaal.
Die uitslae van die veiling lyk as volg:
- Gemiddeld van 13 koeie en kalwers wat verkoop is: R22 692,31. Die hoogste prys is R29 000,00
- Gemiddeld op 17 bulle: R77 941,18. Die hoogste prys is R180 000,00
- Gemiddeld van 80 dragtige verse: R19 600,00. Die hoogste prys is R36 000,00
- Gemiddeld van die 3-in-1’s: R25 000,00. Die hoogste prys is R25 000,00
- Gemiddeld op semen strooitjies: R1 475,00. Die hoogste prys is R1 700,00
Besoek SA Braford se webtuiste by https://www.braford.co.za/auctions/ vir die volgende veilings wat op pad is en onthou om jou kalender te merk!
Vir meer inligting of navrae, kontak SA Braford by 017-819-1106 of 083-310-0036