Categories: Artikels, WielePublished On: 15th July 2025

Ry lekker en veilig met Isuzu; só wys Morgan Isuzu Standerton by Val Boeredag

By 2 min read
484 words

5

Die MU-X en D-MAX is albei uitgestal by Val Boeredag sodat boere van buite en binne kon sien hoe mooi die voertuie is.

Wat ry die lekkerste op ‘n grondpad? ‘n Isuzu-bakkie. Daarom belê baie boere al jare lank in Isuzu-bakkies om hulle pad tot by die plaas veiliger, gerieflik en seepglad te maak. Morgan Isuzu Standerton was weer by vanjaar se Val Boeredag en het hulle verskeie opsies vir boere gewys omdat Isuzu die perfekte oplossing vir die boer is.

Nie net het Isuzu die perfekte werkesel, die Isuzu D-Max of X-rider bakkie nie, maar ook ‘n mooi en betroubare SNU vir die boer se vrou, die MU-X.

Die boer se Isuzu D-Max-bakkie

Die Isuzu-bakkies is mooi, gerieflik, betroubaar en loop soos ‘n droom op die plaas. Die bakkies is beskikbaar in drie bakvorms, naamlik ‘n enkelkajuit, ’n verlengde kajuit en ‘n dubbelkajuit – perfek vir almal op die plaas. Daar is ook verskeie enjinkeuses beskikbaar en hand- of outomatiese ratkas soos wat jou pas.

Die enkelkajuit bied die keuse tussen ‘n standaardmodel en ‘n L. Die standaardmodel word met die volgende kenmerke toegerus: Staalwiele met 205R 16C -bande, ‘n radio met ‘n straalplaatspeler en Bluetooth-verbinding, ‘n USB-kragpunt, handbeheerde lugversorging en materiaalbekleedsel vir die sitplekke.

Die verlengde kajuit is beskikbaar as ‘n standaardmodel, asook ‘n L, LS en LSE.

Die LS se bykomende kenmerke sluit die volgende in: ‘n Seweduim-raakskerm met Android Auto en Apple Car Play, Wi-Fi-verbinding, ‘n USB-kragpunt agter in die kajuit, ‘n veelfunksiestuurwiel wat met leer oorgetrek is wat dit ook makliker maak om sekere funksies toe te pas en te bestuur, asook ‘n oorhoofse konsole met kaartleesliggies en plek vir die boer se sonbril.

Dan is daar die dubbelkajuit wat ook as gesinsmotor gebruik word, wat beskikbaar is in die L, LS en LSE. Die L is beskikbaar as ‘n 4×2 of 4×4 met ‘n outomatiese ratkas of ‘n 4×4-handrat. Die LS bied albei enjinkeuses; daar is ‘n 1,9-liter 4×2 handrat en outomaties, asook ‘n drieliter 4×4 met die keuse van albei ratkaste.

Die nuwe D-Max is baie veiliger en het ABS-remme met noodremhulp en elektroniese remkragverspreiding, wegtrek- en afdraandehulp.

Die LSE het verdere funksies by soos ‘n banddrukmonitor, ‘n blindekolmonitor, ‘n agterste dwarsverkeermonitor, sleutellose toegang met ‘n aansitknoppie, asook outomatiese ruitveërs en outomatiese ligdiode-kopligte.

Mamma se Isuzu MU-X

Die MU-X is nie net ‘n mooi voertuig nie, maar is groot genoeg vir boere met baie kinders want daar kan tot sewe in die motor sit. Isuzu het ook die voertuig in ‘n 4×4 of 4×2 in outomaties beskikbaar.

Met tradisionele bladvering agter en ‘n uitstekende viertrekstelsel (met lae-strek en ‘n elektroniese ewenaarslot) wat uitstekend met die 6-gang outomatiese ratkas kombineer, is die MU-X heel bekwaam in die veld.

Isuzu het die beproefde 3,0-liter turbodiesel enjin (140 kW en 450 Nm) behou, maar effe verfyn vir onder meer beter brandstofverbruik.

Met die derde ry sitplekke opgeslaan bied die MU-X 311 liter laairuimte wat tot 1 119 liter vergroot as dit platgevou is, so jy kan genoeg pak.

Ry lekkerder saam met Isuzu. Besoek www.morganisuzustanderton.co.za vir meer inligting.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0