Vermy slapelose nagte met AGI se pasgemaakte graanbergingsoplossings

agi_frame_farmsilo_hero
Vanweë AGI se silo’s kan Wes-Kaapse boere hul oeste langer stoor.
Die Wes-Kaap bestaan nie net uit wingerde en vakansieplekke nie, ’n groot verskeidenheid gewasse word in elke deel van hierdie provinsie verbou. Langs lande waar skape rustig in die son hul middagslapies geniet, is daar boere wat met stropers hul gras, hawer, kanola en ander gewasse oes.
Dit is dus belangrik dat boere weet watter oplossings beskikbaar is om graan doeltreffend te berg. Vanjaar het AGI, ’n vervaardiger en verskaffer van graanbergingsoplossings, by NAMPO Kaap verduidelik dat boere in die Wes-Kaap ’n gulde geleentheid het om hul eie bergingsoplossings te installeer.
“Ons is hier om ’n diens aan plaaslike boere in die Wes-Kaap te bied. Ons stel nuwe produkte aan die mark bekend en wil boere laat weet dat ons nie net ’n produk lewer nie. AGI bied ’n pasgemaakte diens wat by enige boer se sak pas en hulle help om hul boerderye vorentoe te neem,” verduidelik Dwight Botha, bestuurder van verkoopsontwikkeling by AGI.
Die oplossings wat AGI bied, is nooit presies dieselfde nie. Elke boer benodig ’n unieke oplossing vir sy plaas, en die maatskappy staan gereed om die pad saam met die boer te stap en die regte oplossing te ontwikkel.

AGI bied pasgemaakte oplossings en kan dus silo’s van enige grootte vir boere bou.
Die belang van graanberging in die Suid-Afrikaanse klimaat
Alle boere ken die graansilo’s wat in die verte uittroon en waarin miljoene tonne graan jaarliks geberg word voordat dit uitgevoer of na meulens vervoer word. Op ’n plaas is dit egter soms moeilik om te verstaan waarom kleiner silo’s nodig is as die oes net ’n dag of twee geberg moet word.
Die probleem is dat enige oes wat buite geberg word, blootgestel is aan Suid-Afrika se vinnig veranderende weer, asook moontlike skade wat deur diere, voertuie of ander faktore aangerig kan word. Om silo’s op jou plaas te hê, beteken ook meer as om bloot jou oes veilig te hou; die silo’s help boere om markverwante uitdagings te vermy.
’n Stel silo’s kan gebruik word om graan en ander gewasse te berg totdat markpryse in die boer se guns draai, of totdat dit logistiek moontlik is om die graan te vervoer. Die beste tyd om te oes, is nie altyd die beste tyd om die oes te verkoop nie.
Boere in die Wes-Kaap kan snags rustiger slaap as hulle weet dat daar silo’s op hul plase is waarin hul oes, voer en ander produkte veilig geberg kan word totdat die tyd reg is.
Vir meer inligting oor silo’s, gesels met AGI. Besoek www.agi.com vir die kontakbesonderhede van jou naaste tak en lees meer oor hoe ’n silo tot voordeel van jou plaas kan strek.