Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 11th October 2018

Rumax se sakpasmengers laat jou voerrekening sak

By 2 min read
rumax

rumax

“Jy kan baie goed op my plaas kom vat, maar nie my Rumax konsentraatmenger nie,” sê Carlo Nortje van Loxton. Hy het uitgewerk dat hy oor die afgelope sewe maande sedert hy die menger aangeskaf het, 22 dae van sy eie tyd bespaar het. Vroeër moes sy werkers die lek met grawe meng en hy moes bystaan in die skuur om seker te maak die mengsel is reg. Met die masjien meng hulle ’n ton in minder as 20 minute en dit loop uit die menger uit dadelik in sakke in.

Carlo sê: “Net in terme van my tyd het ek in sewe maande reeds die helfte van die menger se koste betaal. Daarby word die lek nou behoorlik gemeng, wat beteken die skape het minder volume nodig.”

As jou lekrekening van R1,50 tot R1,15 per dag per ooi daal, bespaar jy baie geld. Ander voordele van die menger is dat dit bitter min trekkerkrag benodig en die trekker luier rustig, so dit gebruik skaars diesel. “Ons het mos nie groot trekkers hier in die Karoo nie; jy kan die enetjie wat van jou pa se dae aangestuur is gebruik om die mengwerk te doen,” sê Carlo.

Die mengwerk geskied deur spane waarop ystertjies teen ’n bepaalde hoek aangebring is sodat die materiaal ook na buite gestoot kan word.

Rumax 7

So lyk die Rumax 7 binne

’n Voermenger wat ook sal tuis voel op enige skaapplaas is die Rumax 7. Dié menger het dubbele mengskroefkerwers onder in die bak en kan volgens Carlo tot ’n ton op ’n slag meng. Daar is 80 lemme met kappe ingesny wat oor die twee mengawegare versprei is. Die aggressiewe lemme is uit stewige vier mm dik staal gesny en in Rumax se eie smeltery verhard. Die menger voltooi ’n  mengsiklus binne ’n skamele vyf minute. Die menger kan staties of mobiel wees en kan die voer met ’n hidrouliese kettingband of ’n awegaar uitlaai.

Carlo sê die skaal werk ook baie goed, veral vir ’n gewas soos lusern waarvan jy die gewig sekuur wil afmeet vir presisievoer. “Die masjien kom teen ’n sakpasprys vir ons boere en ek het mooi na Rumax se vakmanskap gekyk – jy kan nie die masjiene breek nie,” sê Carlo. “Daarby is Rumax se mense vriendelik en hulle diens is uitstekend.”

Kry jou sakpasmenger vir jou plaas by Jaco Pieters by 082-335-3970 of 023-342-6070 of e-pos jaco@rumax.co.za. Besoek ook www.rumax.co.za om na die hele reeks te kyk.

0
Tags: ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0