Rumax hamermeul maal vir ՚n vale én wins op hierdie melkplaas

20220128_094315
Om slim te boer beteken dat ՚n wyse boer heeltyd moet seker maak dat sy boerdery se somme klop. Dit strek verder as net die inkomstes en uitgawes balanseer, want ՚n boer moet ook die winsmarge van elke plaasbedryf bereken om ՚n produktiewe, winsgewende boerdery te verseker – een wat van krag tot krag kan groei.
Die wiskunde wat die Rumax-hamermeule rugsteun is presies wat ՚n melkboer van die Wes-Kaap oorreed het om in een te belê. Die Rumax-rondebaalhamermeul het oor die afgelope een-en-‘n-half jaar bewys dat sy waarde onontbeerlik is.
Melkkoeie benodig voer wat in spesifieke lengtes gesny is sodat optimale melkproduksie bereik word, en hierdie hamermeul lewer presies dit! “Ek kan nou meer koeie op dieselfde tyd voer as voorheen,” verduidelik die boer; sy sommetjies wys dit!
Om al die koeie op hierdie produktiewe melkplaas te voer, was die totale voer wat deur die hamermeul is oor ՚n tydperk van een jaar soos volg:
- ± 300 ronde garsbale, ongeveer 90 ton;
- ± 4 000 ronde lusernbale, ongeveer 1 200 ton;
- 4 000 grootpakbale hawer, ongeveer 160 ton;
- 500 ronde hawerbale, ongeveer 125 ton;
- 800 ton strooibale.
“Van die hamermeul word die voer geskuif na verskillende kamers waar dit opgeberg word. Ons gebruik voermengers en trekkers om die voer van die stoorkamers te skuif na die voerkrippe,” verduidelik die boer. “Met die oorskakeling na die hamermeul is ons dieselverbruik gehalveer. Die trekkers werk ook minder ure per dag, wat beteken hulle diensintervalle is langer en so ook hulle leeftyd.”
Die plaas is toegerus met sonkrag en dit word gebruik om die hamermeul aan te dryf, maar daar is ook noodkragopwekkers byderhand. “Wanneer dit by kragverbruik kom, gebruik die hamermeul ongeveer 30 kW/uur. Ons gebruik ՚n verstelbare spoedaandrywing (VSD) om die kragverbruik te verlaag en die motor te beskerm,” voeg hy by.
Te danke aan die hamermeul se doeltreffendheid is arbeidskostes ook verminder. Waar langer ure (en dus ՚n groter loon) die orde van die dag was, is die voer van diere nou ՚n vinniger en eenvoudiger taak.
Net soos met enige hardwerkende masjien is onderhoud noodsaaklik. Op hierdie melkplaas is die prosedure om die hamers en lemme weekliks na te gaan en seker te maak alles werk soos dit moet. Dit verseker dat die hamermeul vinnig en doeltreffend teen ՚n laer kragverbruik maal. “Die masjien se produktiwiteit is goed,” verduidelik die boer, “veral as dit mooi opgepas word.”
Gereelde onderhoud verseker dat daar minder en korter stilstaantyd is, eerder as om te wag dat die masjien breek.

“Dit is belangrik om voer te gebruik wat nie vreemde voorwerpe soos klippe of stokke bevat nie sodat die leeftyd van jou hamermeul se lemme verleng word en minder sal breek,” merk die boer op.
Omdat dit soms per ongeluk kan gebeur, maak hierdie melkplaas seker hulle het genoeg voer gereed om die beeste vir twee dae te kan voer.
“Die voginhoud in lusern en hawer maak dit moeiliker om bale te sny en dit maak die lemme en hamers stomp. Dit is hoekom die vog so laag as moontlik gehou moet word voordat dit deur die hamermeul gevoer word,”
sê die melkboer.
Een van die redes waarom Rumax die regte keuse was vir hierdie plaas, is omdat die Rumax-fabriek naby aan die plaas is. Dit maak die goeie diens wat die boer van Rumax ontvang nóg beter. Wanneer hy hulp nodig het, is Jaco daar. “Ons het ՚n probleem gehad met te veel stof op die hamermeul. Jaco het die kamer van die hamermeul vergroot en dit het die stof verminder,” sê hy.
Indien jy wil uitvind hoe ՚n Rumax hamermeul jou plaas kan help om meer winsgewend te wees, kontak Jaco Pieters by +27(0)-82-335-3970 of +27(0)-23-342-6070. Stuur ook gerus ՚n e-pos aan jaco@rumax.co.za of besoek die webtuiste by www.rumax.co.za.