RPO Inligtingsdag

foot and mouth rpo
Ter ondersteuning van die staat se pogings om die verloop en gevolge van die voorkoms van bek-en-klouseer (BKS) buite die beheerde gebied van BKS doeltreffend te bestuur en onder beheer te hou, bied die Limpopo Dieregesondheidsforum (LDGF) en die nasionale bedryfsorganisasie vir rooivleisprodusente (RPO en RPO Limpopo), ‘n gesamentlike inligtingsdag aan oor BKS op Woensdag 23 Januarie 2019 om 08:00.
Die inligtingsdag het ten doel om belanghebbendes volledig in te lig oor die huidige situasie, beplande hanteringsmeganismes en die verantwoordelikhede van rolspelers op die pad na die herstel van Suid-Afrika se uitvoerstatus.
Partye, maar veral boere wat op een of ander wyse geraak word deur die maatreëls wat afgekondig is om die BKS-situasie buite die beheerde gebied te bestuur, word genooi om die dag by te woon. ‘n Paneel kundiges sal ook vrae uit die gehoor beantwoord.
Ons boodskap aan die verbruiker is eenvoudig: “Vleis op die winkelrakke is so veilig soos voorheen. Daar is geen rede tot kommer nie. Geniet jou rooivleis elke dag!”
Bron: Limpopo Dieregesondheidsforum en RPO