Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 19th August 2024

Rovic se nuwe ploeg werk nou harder tot jou voordeel

By 1 min read
271 words

IMG_4025

Riekert Barnardo, grondwerk-ingenieur by Rovic, het vanjaar tydens Graan SA NAMPO 2014 by Bothaville in die Vrystaat ‘n nuwe hidrouliese ploeg bekendgestel.

Riekert Barnardo, grondwerk-ingenieur by Rovic, het vanjaar tydens Graan SA NAMPO 2024 by Bothaville in die Vrystaat ‘n nuwe hidrouliese ploeg bekend gestel.

Volgens Riekert breek die hidrouliese silinderwerking van die ploegtande weg van die ou bladveer-benadering ten einde beter werkverrigting, maar ook ‘n meer volhoubare produk daar te stel.

Die nuwe hidrouliese stelsel is beskikbaar van die DLB 12 tot die Super 32-rippertand.

Volgens hom is dit die idee dat as jy ‘n ou raam het, jy ‘n naverkoopproduk, kompleet met akkumulator kan aanskaf, die ou bladvere van die raam verwyder, en die nuwe hidrouliese silinders monteer.

 “Jy kry tussen 50% en 80% meer krag op die tande as gevolg van die hoër druk wat toegepas word,” verduidelik hy.

Nog ‘n voordeel is dat die tand heeltyd op die regte diepte bly, wat daartoe bydra dat die skaar op die optimale posisie werk. Dit lei daartoe dat brandstofverbruik tot 30% minder is omdat die invalshoek dieselfde bly vir die beste grondbreking.

Die hidrouliese silinderwerking van die ploegtande lei tot beter werkverrigting as die ou bladveer-benadering.

Die skare gaan ook tot 20% langer hou omdat die hoek dieselfde bly en die tand in die regte posisie is, wat die slytasie op die skaar verminder.

Omdat daar die heeltyd speling op die bladveer is, verminder die krag mettertyd, maar met die  hidrouliese silinder wat konstante krag toepas, word die leeftyd van die raam verleng.

Volgens Barnardo is Rovic baie opgewonde om die nuwe produk aan die mark bekend te stel.

Vir meer inligting, kontak Rovic se handelaars by www.rovic.com.

Met die hidrouliese werking bly die tand op die regte diepte, wat tot beter brandstofverbruik lei.

1
Tags: , ,

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1