Categories: Artikels, Grondbewerking, Meganisasie, PlanttoerustingPublished On: 5th June 2024

Ripper Tillage se toerusting gee jou die perfekte saadbed

By 2 min read
331 words

20240514_134334

Die Ripper Tillage-span by NAMPO: Renier, Christine, Christoff, Werner, Stiaan en Danie.

Om jou grond te bewerk na strooptyd en voor planttyd is baie belangrik en sorg vir ‘n goeie oes.

“Ripper Tillage spesialiseer in grond- en saadbedvoorbereiding asook vogtigheidsbewaring. Voor plant, tydens plant en na plant is Ripper Tillage die antwoord,” sê Werner Lubbe, bestuurder van presisieboerdery vir Ripper Tillage.

Hy sê dat Ripper Tillage daarin glo om jou met die regte toerusting te help om jou lande so gou as moontlik skoon te kry en hulle help ook kyk dat alles vlot verloop.

Die onderdele van al hulle toerusting is ook maklik bekombaar.

Ripper Tillage was vanjaar weer by NAMPO-oesdag om boere meer te vertel van hulle toerusting.

Hulle toewyding spoor hulle aan om die beste landboutoerusting te ontwerp en te vervaardig en om boere deur goeie dienslewering te help om meer produktief te werk.

“Ons is ook ‘n trotse handelaar van presisieplanttoerusting en het ‘n robuuste handelaarsnetwerk regoor Suid-Afrika,” sê Werner.

Ripper Tillage het tandbewerkingsmasjiene vir  diepstrookwerk wat die grond losmaak, bogrondse materiaal sny en stoppelmateriaal wegneem.

Hulle bou ook ‘n hele skeurploegwerktuig (rip-till) spesifiek vir die boer se behoeftes en grondsoort.

Verdere toerusting wat hulle het is ‘n  strookbewerker (strip-till), boogroller en rolegtandwerktuig.

Die Rip-till kan ook kunsmis in die grond plaas en die eenhede is verstelbaar.

Werner Lubbe, bestuurder van presisieboerdery vir Ripper Tillage by hulle roleg-eenheid by NAMPO.

Die agterste eenheid verkoop hulle ook op sy eie.  Hy gooi ook nat grond terug in die saadbed en trap dit vas met boogroller.

Die roller kan diepte stel en het ‘n veeraksie wat jou verstellings maklik maak.

Die Rip-till-masjien kan met Agrico se tande, ander tande, roterende skottels, plantertoerusting en sekere ander produkte gebruik word.

Die span in die veld weet wat hulle doen en is altyd beskikbaar. Ripper Tillage wil nie net toerusting aan jou verkoop nie, maar ook ‘n pad saam met jou stap. Besoek hulle webwerf www.rippertillage.co.za of kontak gerus vir Werner Lubbe by 062-240-9938 of Christine Bouwer by 082-773-9297.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0