Revaro Agri is op soek na nuwe handelaars

IMG_20220614_100412
Taai toerusting wat die boer getrou dien en aan streng veiligheidsvereistes voldoen – dit is wat Revaro verskaf. Revaro se mense glo daaraan om boere se behoeftes te bevredig deur vir hulle spesialisoplossings te verskaf wat die boer se winsgewendheid verhoog.
Reyno van Rooyen, uitvoerende hoof van Revaro, vertel hoe dié maatskappy ontwikkel het sedert sy stigting in 2000: “Revaro het begin as ‘n klein maatskappy wat ‘n verskeidenheid steenmaakpalette aan bestaande steenvervaardigers verkoop. Oor die jare heen het die maatskappy ‘n gaping in die mark raakgesien vir bekostigbare steenmaakmasjiene en verbruiksgoedere.
“Kort voor lank het ons die mark binnegedring met ons volledige reeks steen- en blokmaakmasjiene, grondverskuiwing- en materiaalhanteringstoerusting asook ‘n verskeidenheid ander toerusting,” voeg Reyno by.
Revaro se produkreeks
As ‘n plaaslike maatskappy verstaan Revaro die uitdagings en behoeftes van die Suid-Afrikaanse mark. Revaro bied ‘n wye reeks toerusting wat enige organisasie, van klein tot groot, getrou dien. Revaro voldoen nie net aan die mark se behoeftes nie, maar ook aan jou sak.
Revaro Agri bied nie net ‘n wye reeks toerusting en masjinerie aan die landbousektor nie, maar bykomende aanhegsels vir jou spesifieke behoeftes ook.

Die aanhegsels kan aangeskaf word vir elke spesifieke taak wat verrig moet word in verskeie sektore en vir verskeie doeleindes.
“Ons TLB’s en laaigrawe kom ook met die opsie van ʼn Quick-Hitch-stelsel wat die ruil van aanhegsels soveel makliker en vinniger maak, wat uiteindelik tyd en koste bespaar vir die kliënt,” sê Reyno.
“Ons kliënte is die hoeksteen van ons besigheid. Elke masjien word noukeurig uitgekies en verkry vanaf topverskaffers wêreldwyd, wat verseker dat Revaro-toerusting aan die voorpunt van nuwe tegnologie en vindingrykheid bly.”
Meer oor Revaro se wye verskeidenheid produkte
Die Revaro-groep van maatskappye bestaan uit die volgende entiteite met hulle onderskeie afdelings:
Revaro Concrete Equipment
- Masjinerie wat stene, boublokke en plaveisel maak
- Latei-, rib- en blokmaakmasjiene
- Dakteëls
- Beton- en konstruksiebedrywe
Revaro Brick Pallets
- IP & LP Laaghoutproduksiepalette
- Saamgestelde produksiepalette
- Steenmaakaanlegte
Revaro Equipment (vir die konstruksie-, beton-, instandhouding- en landboumark)
- Trekker-laaigraaf-trugrawers (TLB)
- Laaiers
- Minigraafmasjiene
- Vurkhysers
- Kragopwekkers
- ‘Skidsteers’
Revaro Materials Handling (toerusting vir die konstruksie-, landbou-, instandhouding- en pakhuismark)
- Reeks vurkhysers, diesel en elektries
- Reikstapelaars en skêrhysers

Revaro Steel & Wire
- ‘n Reeks rolvormers vir IBR- en geriffelde dakplate
- Staalspoele
- PC-draad
Revaro Agri
- Trekker-laaigraaf-trugrawers (TLB) Laaiers
- Minigraafmasjiene
- Vurkhysers
- Kragopwekkers
- ‘Skidsteers’
- Landbou- en landskapmark
Toegewyd aan kliëntediens
Revaro streef nie net daarna om vir kliënte die beste gehalte masjiene en toerusting teen die regte prys te aan te bied nie, maar is ook toegewyd daartoe om staantyd te vermy.
Revaro het ‘n goed gevestigde en hoogs opgeleide span van sewe tegnici, met meer as 30 jaar gesamentlike ondervinding.
Reyno sê: “Ons gespesialiseerde span staan kliënte van dag een af by. Van voor-terreininspeksie, tegniese tekeninge, terreinuitleg tot installasie, opleiding en dienste.”
Revaro het ook ‘n volledig toegeruste onderdele-afdeling op die perseel om seker te maak dat kliënte bygestaan word tydens enige onvoorsiene omstandighede.
Revaro toerusting is ook maklik bekombaar met hulle wydverspreide handelaarsnetwerk regoor Suid-Afrika.
“Ons bring jou nuwe masjien tot by jou voordeur, daarna kan jy gemoedsrus hê dat jou plaaslike handelaar na al jou behoeftes sal omsien,” verklaar Reyno.
Revaro-handelaars
Revaro brei sy handelaarsnetwerk uit en is op soek na nuwe handelaars.
Vereistes vir potensiële handelaars:
- Vertoonlokaal waar masjiene netjies vertoon kan word
- Gekwalifiseerde dieselwerktuigkundiges
- Diensbakkies (velddiens)
- Verteenwoordigers wat geel toerusting ken

Opsies van handelaars
- Oordragvoorraad (consignment stock)
- Kontanthandelaars
Die Revaro Agri-handelaarspan is altyd beskikbaar om jou oproep te beantwoord en enige vrae wat jy mag hê te beantwoord.
Vir meer inligting, kontak vir Thinus Botha of Thea van Niekerk by Revaro se hoofkantoor by 011-794-8271. ‘n E-pos kan ook na sales@revaro.co.za gestuur word.
“Ons streef deurlopend daarna om die hele Suid-Afrika en selfs ons buurlande te bereik. Dit gesê, ag ons steeds kwaliteit bo kwantiteit en sal nie die diens van ons klante prysgee nie,” sluit Reyno af.
Vir meer inligting, besoek Revaro se webtuiste by https://revaro.co.za/