Categories: Tydskrif, Tydskrif (RSA)Published On: 8th October 2024

ProAgri SA 296

By 2 min read
312 words

Proagri_296_October_2024_Cover

Beste lesers, as ons na die landboukalender kyk, is dit duidelik dat die seisoene verander – nie net in terme van weer nie, maar ook in terme van die uitdagings en geleenthede wat op die horison lê. Ons boere staar ’n nuwe plantseisoen in die gesig, en soos altyd is die voorbereiding en beplanning noodsaaklik om sukses te verseker.

Hierdie tyd van die jaar laat my dink aan die ongelooflike veerkragtigheid van ons boeregemeenskap. Of dit droogtes, brande, onvoorspelbare marktoestande, of siekte-uitbrake is – ons boere vind altyd ‘n manier om sterker en meer volhoubaar vorentoe te beweeg. Dit is juis hierdie gees van aanpasbaarheid wat ons by ProAgri begeester om voort te gaan om die nuutste inligting, tegnologieë en oplossings aan ons lesers voor te hou.

In hierdie uitgawe kyk ons terug na ‘n suksesvolle NAMPO Kaap 2024! NAMPO Kaap het vanjaar hulle vyfde bestaansjaar gevier met die tema: Landbou, die ruggraat van ekonomiese groei.

By NAMPO Kaap vanjaar was dit weer eens bevestig hoe die ontwikkeling van tegnologie en slim boerderypraktyke dit vir boere moontlik maak om hulle opbrengste te verhoog terwyl hulle insetkoste bestuur en hulle impak op die omgewing verminder.

Met 45 894 besoekers oor vier dae, het vanjaar se ekspo ՚n vertoonvenster van landbouvernuwing geword, wat deelnemers en besoekers die geleentheid gegee het om die nuutste tegnologie te verken, uitdagings in die bedryf aan te pak en saam te droom en te beplan oor die toekoms van landbou. Lees meer op bladsy 19.

Namens die hele ProAgri-span moedig ons julle aan om steeds met ons te deel wat in julle gemeenskappe en omgewing aangaan. Ons glo dat kennisdeling die sleutel is tot groei, en saam kan ons seker maak dat landbou in Afrika die wêreldklasstandaard bereik wat ons almal weet moontlik is.

Sterkte vir die seisoen wat voorlê!

Landbougroete!

Bianca Henning
bianca@proagri.co.za

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1