Categories: Magazine (RSA), SA293, Tydskrif (RSA)Published On: 8th July 2024

ProAgri SA 293

By 1 min read

SA293

‘n Maand vol landbouhoogtepunte

Die afgelope maand was propvol interessante en betekenisvolle gebeure wat ons landbougemeenskap verder versterk het. Ons het die voorreg gehad om verskeie opwindende geleenthede by te woon wat nie net insiggewend was nie, maar ook geleenthede geskep het vir waardevolle netwerke en samewerking.

Een van die hoogtepunte van die maand was die jaarlikse Stroperresies wat te Du Preez Landgoed op Grootpan plaasgevind het. Hierdie unieke geleentheid het boere van heinde en ver saamgebring om verskeie vervaardigers se stroopvaardighede te wys en die nuutste tegnologie in aksie te sien. Dit was ’n skouspelagtige dag vol gesonde wedywering en geselligheid, en dit was besielend om te sien hoe die landbousektor vernuwende oplossings en tegnologieë omhels om produktiwiteit te verbeter. Lees meer vanaf bladsy 2 tot 11.

Nog ’n belangrike gebeurtenis was die jaarlikse Val Boeredag. Hierdie dag is altyd ’n hoogtepunt op die landboukalender, en vanjaar was geen uitsondering nie. Met trekkers om van te kies en keur, toerusting en werktuie wat hulle staal wys, kosstalletjies, demonstrasies en meer is weer eens bewys waarom Val ’n moet-bywoon geleentheid vir enige ernstige boer is. Die geleentheid het waardevolle insigte gebied oor nuwe praktyke en tegnieke wat ons boerderye nog meer volhoubaar en winsgewend kan maak.

Ons spreek ons opregte dank uit aan almal wat hierdie geleenthede moontlik gemaak het, sowel as aan diegene wat dit bygewoon het. Dit is deur sulke samewerking en betrokkenheid dat ons landbousektor kan groei en floreer. Ons sien daarna uit om voort te gaan om saam met die boerderygemeenskappe en die verskaffers in die bedryf te werk om die beste in landbouvernuwing en -praktyk te bevorder.

Geniet hierdie propvol, interessante uitgawe van ProAgri!

ProAgri-groete!

Bianca Henning – bianca@proagri.co.za

3

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

3