Categories: Tydskrif, Tydskrif (RSA)Published On: 16th November 2022

ProAgri SA 273

By 2 min read
344 words

proagri_273_november_2022_voorblad

Meer met minder

Met die laaste paar besoeke aan ons boere, stap ek so deur die lande met die sussende gedreun van ‘n klomp trekkers in die agtergrond, op vrugbare grond, grond wat jy ruik, grond waarin ek my hande diep wil indruk om twee handevol uit te haal en te kyk hoeveel lewe daarin is.

Nie net maak dit my opgewonde nie, maar ook die vooruitgang van presisieboerderytegnologie wat al hoe meer gevolg word, alles daarop gemik om die praktyk van boerdery makliker, akkurater en beheersd te maak wanneer dit kom by die verbouing van gewasse en die grootmaak van vee. Lees ook meer in hierdie uitgawe oor die opwindende nuwe presisietegnologie wat die Jupidex-groep binnekort aan boere
bekend gaan stel.

Met elke seisoen wat verbygaan, dwing die kosteknyptang in die landbou
boere om met minder meer te produseer – en boere moet doodeenvoudig
daarby aanpas. Ten spyte van die uitdagings wat boere in die oë staar, bly
‘n groot seën dat dit taamlik goed gaan met die landbou. Reën het reeds plek-plek geval en ek vertrou dat die reën nog voor ProAgri by die plekke gaan uitkom wat dit so broodnodig het.

Dit is nou maar een maal die ding van boerdery; ‘n boer kan die beste grondvoorbereiding doen, die beste kunsmis strooi, die beste saad plant en die beste oesbeskermingsprogram volg, maar steeds is dit nie alleen in sy hande hoe die oes uiteindelik gaan lyk nie.

Nie net pas boere aan om meer uit minder te kry nie. In ons voorbladstorie kyk ons hoe Valtrac vooruit dink en toerusting aan boere voorsien om
meer uit minder te kry.

Dit is vir my belangrik om van boere te hoor en daarom maak ons ’n punt
daarvan om by julle op die plaas uit te kom om te sien en te luister, om te
hoor van julle suksesse en uitdagings. Baie dankie aan elke boer wat so betrokke is. Julle maak ons hande sterk. Ek hoor graag van julle.

Groete en geniet die boerdery!

Bianca Henning – bianca@proagri.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0