Pioneer verstaan mielies en water: Nuwe P1225PW-geelmieliebaster benut water wys

P1225PW_2
Hierdie artikel handel oor ՚n paar belangrike punte rakende die waterverbruik van mielies deur die loop van die plant se ontwikkelingstadia. Dit is ՚n belangrike aspek van besproeiing- en droëlandbasters wat soms agterweë bly.
Gewaswaterverbruik, ook bekend as evapotranspirasie of ET, bestaan uit twee komponente: grondverdamping (E); en gewastranspirasie (T). Mielies is die sensitiefste vir watertekorte vanaf blom deur die graanvulstadium. Hierdie aspekte word kortliks verduidelik.
Evapotranspirasie
Verdamping: Vroeg in die groeiseisoen vind waterverliese uit die grond hoofsaaklik plaas by wyse van verdamping vanaf die grondoppervlakte. Soos die gewas groei en meer blaaroppervlakte skadu oor die grond vorm, neem verdamping af namate transpirasie toeneem.
Transpirasie: Tydens die proses van transpirasie neem plante water uit die grond op en vervoer dit na die blare. Klein openinge in die blare (stomata) laat waterdamp van die plant na die atmosfeer beweeg, wat die plant afkoel. Die tempo van transpirasie hang af van klimaatstoestande, hoofsaaklik lugtemperatuur, wind, humiditeit en sonstraling. Die tempo van transpirasie neem toe met hoër lugtemperature, meer sonstraling en windspoed. Hoë humiditeits vlakke verminder transpirasie deur die verskil in waterpotensiaal tussen die blaarlugruim en die omringende lug te verminder.
Evapotranspirasie gedurende die groeiseisoen: Verdamping maak dikwels 20 tot 30%, en transpirasie 70 tot 80%, van totale ET oor die loop van ՚n groeiseisoen uit (Kranz et al, 2008). Totale ET oor die loop van die groeiseisoen hang van plaaslike klimaatstoestande en die relatiewe volwassenheid van die plant af. Langer, relatiewe volwassenheidsbasters sal deur die loop van die groeiseisoen meer water benodig (Figuur 1).
- Figuur 1: Daaglikse gemiddelde mieliewaterverbruik vir verskillende groeiseisoenbasters.
- Figuur 2: Vatbaarheid vir waterspanning by mielies (Sudar et al, 1981).
Onder droogtespanningstoestande kan wateronttrekking uit dieper lae toeneem namate water naby die bokant van die grondprofiel uitgeput raak (Irmak en Rudnick, 2014). Die impak van waterstremming op mieliegraanopbrengste wissel na gelang van die plant se groeistadium (Figuur 2). Mielies is relatief onsensitief vir watertekorte tydens die vroeë vegetatiewe groeistadiums, aangesien die vraag na water dan relatief laag is. Plante kan regdeur die grootste deel van die vegetatiewe tydperk by waterstremming aanpas om die impak daarvan op graanopbrengs te verminder. Mielies is egter baie meer sensitief vir waterstremming vanaf blom deur graanvulling.
P1225PW in ‘n neutedop:
Hierdie is ՚n nuwe tegnologietoevoeging van PowerCore™ tot die P1225- platform. In hierdie stadium is dit ՚n uitstekende besproeiingsplatform met stabiele opbrengspotensiaal vir die oostelike en westelike produksiestreke. Dit is ՚n opwindende kortgroeiseisoen, geel besproeiingsplatform wat met groot omsigtigheid saam met die P1513- en P1975-platforms in ՚n pakket op droëland aangewend kan word. P1225 en P1225PW is hoë-potensiaalbasters met uitstekende aanpasbaarheid en stabiliteit, wat koeler omstandighede beter as die P1197- platform kan hanteer.
Dit kom baie sterk op en het lewer ՚n baie sterk saailing. Verder beskik die platform oor goeie agronomiese eienskappe vir ՚n besproeiingsbaster. Kan vroeg geplant word en is ook geskik vir laat aanplantings. Die platform is enkelkoppig en kan met optimale toestande goed kompenseer. Dit is ՚n medium oopraamplant met ՚n langer blaarvorm en beskik oor uitstekende graan met ՚n hoë skepelmassa. Nog ՚n goeie eienskap is dat dit in alle grondtipes en rywydtes presteer. Dit het ook ՚n tipe groenbly-eienskap.
Hierdie platform het goeie blare vir ՚n besproeiingsbaster, maar ՚n bespuitingsprogram moet steeds gevolg word. Die platform is aangepas vir enige plantbevolking, maar nie te hoog nie. Besproei verkieslik tussen 65 000 en 75 000 plante/ha, afhangend van rywydte. P1225 en P1225PW lyk na ՚n platform wat oor baie goeie waterverbruik en waterverbruiksdoeltreffendheid beskik. Dit is belangrik dat hedendaagse mieliebasters oor die vermoë beskik om goed graan te produseer vir elke millimeter water wat dit verbruik, veral gegewe die impak van hoë elektrisiteit- en waterpryse tesame met veranderende klimaatstoestande.
Vir meer inligting, kontak Pioneer by info.rsa@ pioneer.com of besoek www.pioneer.com/za