Categories: Artikels, Gewasproduksie, MeganisasiePublished On: 20th November 2023

Pekanneutboere baat by Blou-toer Boeredag in Hartswater

By 3 min read

DSC_0195

Die Andreoli Atom 2000 Turbo lyk met die eerste oogopslag soos ՚n maantuig, tot jy die indrukwekkende waaier aan sy stertkant sien. Hierdie selfaangedrewe boordspuit wat Jupidex uit Noord-Italië invoer, straal gehalte en doeltreffendheid uit en die syfers vertel dieselfde storie.

Pekanneutboere vestig boorde met die oog op die toekoms en dit is belangrik dat hulle langtermynbeleggging met goeie toerusting en kundigheid ondersteun word.  Beginner- en gevorderde pekanneutboere het aan die begin van November ‘n eerste-van-sy-soort boeredag te Hartswater bygewoon om meer te leer oor ondersteunende toerusting en pekanneutboerdery oor die algemeen. Die Blou-toer Boeredag is deur die landboutoerustingmaatskappy, Jupidex, aangebied.  

Die dag het afgeskop met ‘n warm verwelkoming van Arthur Bezuidenhout, besturende direkteur van Jupidex: “Vir ons is dit net so belangrik soos vir die boere om toerusting bekend te stel wat tyd bespaar en boere help om meer doeltreffend en winsgewend te boer. Ons wil graag belê in die Hartswater-distrik en dit is lekker om ou en nuwe gesigte te sien en nuwe potensiële kliënte te ontmoet, en ek wil elkeen bedank vir hulle bywoning en betrokkenheid.”

Jacques Le Roux, Jupidex se streeksverteenwoordiger vir die Noord-Kaap en Vrystaat vertel: “Die naam van die dag, Blou-toer, is afkomstig van ons blou Andreoli-spuite en die hoofrede waarom ons hierdie boeredag gereël het is omdat ons ‘n leemte en behoefte in hierdie omgewing gesien het vir pekanneutboordspuite. Ek glo kennis is mag, en ons wil aan die boere wys wat ons spuite kan doen en wat  Jupidex vir die boer bied.”

Boere luister aandagtig na sprekers by die Blou-toer Boeredag.

Verskeie produkte is deur die loop van die dag gedemonstreer, onder andere die bekende Andreoli-selfaangedrewe- en -sleepspuite wat die beste toonbeeld van Jupidex se gehalte toerusting is en ‘n hoogtepunt vir die boere was.

Verskeie sprekers het ook boere op die dag toegespreek oor pekanneutproduksie. Die pekanneutvereniging (PSA) se verteenwoordigers het gepraat oor markwaarde en pekanneutpryse. Tolnut se verteenwoordigers het boere raadgegee oor snoeitegnieke en Kynoch se kundiges het gefokus op alle aspekte van pekanneutproduksie, insluitende grondgesondheid, blaarvoedings en algemene boordgesondheid.

Jupidex se flink en flukse Vicon PS-kunsmisstrooier spog nou met meer tegnologie- en presisie-kenmerke wat vanuit die trekker se kajuit beheer kan word, vir meer akkuraatheid en doeltreffendheid in jou lande en boorde.

Plant vir die toekoms

“Daar is mense wat vir Jupidex net sien as ‘n maatskappy wat rippers verkoop. Ons is baie meer as net ‘n ripper-maatskappy. Vir die laaste drie jaar het ons regtig gefokus daarop om te kyk hoe ons die boere kan help met presisietegnologie, soos julle vandag sal sien met al die produkte wat ons aan julle gaan demonstreer,” sê Arthur.

“Vir ons is dit net so belangrik soos vir die boere dat hulle toegang moet hê tot toerusting wat hulle tyd bespaar en hulle kan help om meer doeltreffend en winsgewend te boer. As jy na die totale produkreeks van Jupidex kyk, het ons werklik ‘n groot verskeidenheid wat ons aan boere bied. Van grondbewerkingstoerusting tot hooitoerusting, presisietoerusting, spuittoerusting, en vele meer,” voeg hy by.

Arthur sê: “Onder ons hooitoerusting-reeks is ons ook nou baie opgewonde oor die nuwe Roc Merger wat onlangs in Duitsland bekend gestel is (kliek hier om die video te kyk) en wat ons ook nou aan boere in Suid-Afrika kan bied.”

Christopher Laubscher, tegniese bestuurder van Jupidex vertel boere meer oor die Andreoli-spuite se slim tegnologie.

“Die Andreoli-spuite wat ons vandag aan julle gaan demonstreer is natuurlik ‘n baie goeie naam vir ons in die mark. Ons bied hierdie spuite in die groter reeks selfaangedrewe spuite asook die sleepspuite. In terme van ons presisietoerusting bied ons ook die Waatic-stelsel wat ons op die spuite kan koppel, wat jou in staat stel om variërende toediening te kan toepas,” verduidelik Arthur. (Kliek hier om die video te kyk).

Hierdie boeredae is ‘n vertoonvenster van Jupidex se presisielandbou-toerusting wat hulle aan boere kan bied. Jupidex verseker boere dat hulle Andreoli-spuite die produktiwiteit in enige boord dramaties sal verhoog.

Vir enige navrae oor Jupidex se spuite of hulle wye reeks toerusting en tegnologie, besoek hulle webwerf by https://www.jupidex.co.za/ of skakel (+27)33-386-3574 vir meer inligting.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment