Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 17th May 2023

Peake Equipment se STS 1000-spuit laat pynappels groei

By 2 min read
402 words

peake-1-758×569-1

Peake Equipment is een van Suid-Afrika se leiers in die selfaangedrewe spuite wat in Suid-Afrika vir Suid-Afrika se omstandighede gebou word. Bekostigbaar, doeltreffend en prefek vir presisieboerdery som die spuit op. Peake bou ook die spuit volgens elke boer se behoeftes.

Adriaan Kleyn van Kleynfaan Boerdery boer by Hluhluwe met pynappels. Hy het Peake Equipment se STS (single tank sprayer) 1000-pynappelspuit. Die spuit is gebaseer op die STS 1000 Peake-spuit en is aangepas vir Adriaan se behoeftes.

“Ek gebruik die masjien vir alle bespuitings, chemies en kunsmis, op my gewasse,” sê hy.

Daar is twee modelle in die STS-reeks beskikbaar, naamlik die STS-XT en die STS-5000.

Die STS-XT word aangedryf deur ’n Cummins BTA6 turbo-aangejaagde enjin wat 149 kW lewer. Die spuit word deurlopend deur al vier wiele aangedryf, maar kan ook maklik oorskakel na ’n hoër versnelling vir padvervoer.

Die STS-5000 het dieselfde kenmerke, behalwe dat die model deur ’n Cummins QSB 6 turbo-aangejaagde enjin aangedryf word, wat 305 kW krag lewer en 26km/u.

Die STS-XT kan toegerus word met ’n vlekvryestaaltenk van 1 500 liter tot 3 000 liter afhangende van die boer se behoeftes. Sy ouboet, die STS-5000 kan ’n vlekvryestaaltenk van 5 000 liter dra.

Een van die grootste voordele van die masjien is sy spuitbeheertoerusting van TeeJet. Dit sorg dat die spuitwerk meer akkuraat is. Die spuit het ook aanpasbare spuitbeheeropsies en GPS-funksies.

Voordele van die spuit volgens Adriaan:

  • Peake se spuitarm is voor aan die masjien gemonteer, wat baie beter werk met ons tipe spuitwerk.
  • Omdat ons kunsmis spuit is dit belangrik dat die spuit ten volle versink is om roes te voorkom en net Peake kan so ‘n spuit voorsien.
  • Die spuit is eenvoudig en maklik om te onderhou.
  • Die spuit doen dubbel die oppervlakte teenoor die tradisionele tipe spuite wat ons op pynappels gebruik.

Adriaan is ook baie tevrede met Peake se diens.

Spesiale feite van die masjien:

  • Versinkte onderstel
  • Vierwielaandrywing
  • Grondoppervlak 1,7m
  • Spoorwydte verstelbaar vanaf 3,3m – 3,8m
  • 2 000ℓ  vlekvryestaaltenk met 20 m balk
  • Die verstelbare balklengtes en spuitpuntspasiëring verbeter hierdie aanpassing verder, wat boere in staat stel om spesifieke gebiede van hulle gewasse te teiken met presies die regte hoeveelheid chemikalieë.
  • Verbeter die boer se doeltreffendheid en produktiwiteit
  • Funksioneel, robuust, kostedoeltreffend
  • Minimale skade vir jou gewasse
  • Werk goed in alle soorte grond

Om meer oor die spuit van Peake uit te vind of een aan te skaf, kontak Peake by info@peakeequipment.co.za of besoek hulle webwerf: www.peakeequipment.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0