Categories: MeganisasiePublished On: 24th October 2014

Oplossing vir kleiner graanboere:- Stroop die soet smaak van sukses

By 4 min read
652 words

Lonende diereproduksie hang grootliks van goeie voeding af en sonder volledige gemengde rantsoene kan geen bees, of dit nou ’n melkkoei of ’n voerkraaltollie, vir sy baas optimale wins verdien nie. Ongelukkig kos klaargemengde voer deesdae baie geld en die boer moet maar knaend soek na maniere om die beste voeding teen die laagste prys te verskaf.

Een so ’n manier is om soveel as wat jy kan van jou rantsoen self te produseer, maar dit is ongelukkig nie altyd so maklik nie: plant en veral oes met die hand is duur, omslagtig en tydrowend terwyl die reuse planters en stropers wat die groot graanspesialiste gebruik gans te duur is vir kleiner aanplantings.

Stroopkontrakteurs trek ook maklik die neus op vir klein aanplantings. In hierdie opsig dien Crop-Tech die boer voortreflik met die verskaffing van klein, maar gevorderde geenbewerkingplanters van dieselfde gesogte gehalte as hulle groot planters, en nou ook met eenvoudige, bekostigbare, betroubare, doeltreffende Colombo RCM 11-eenrystropers.

Croptech Colombo RCM

Moenie dink omdat die RCM 11 klein is en aan ’n trekker se driepuntstelsel pas hy is nie ’n gedugte en doeltreffende stroper nie. Sy aksiaalvloeistelsel stroop skoon, netjies en sonder die geringste skade aan die graan.

Daarmee bemagtig Crop-Tech die veeboer wat sy voerrantsoen se graankomponent self wil produseer om sy eie mielies of bone te stroop, en enige ander boer wat kleiner mielieaanplantings wil doen. ’n Eie stroper maak die boer onafhanklik van ander se giere. Die groot voordeel van ’n sleep- of abbastroper teenoor ’n selfloper is dat dit geldelik sinvol vir kleiner aanplantings is, en dat jy die res van die jaar ’n hele trekker beskikbaar het vir ander werk.

Die RCM 11 se mielieplukkerkop sorg dat elke pit in die dorskamer beland om vir die boer geld te verdien.

Die montering van ’n abbastroper aan die trekker kan ’n omslagtigheid wees, maar ook hier bied CropTech die antwoord: Die Colombo RCM 11-eenrystroper haak bloot aan die trekker se driepunthyser soos enige ander werktuig. Koppel die kragaftakkeras en die hidrouliese pyp wat die aflaaigeut beheer, en jy is reg om te stroop. Geen spesiale passtukke en montering en boute en moere om mee te sukkel en tyd te mors nie.

Om die RCM 11 se mielieplukkerkop vir ’n bone-opteller van 800 mm te ruil, is so maklik soos om koffie te drink.

Die RCM 11 is baie bekostigbaar en goedkoop om in stand te hou, en ’n mens hoef geen stroopspesialis te wees om met hom te werk nie – alles is eenvoudig en logies en sinvol en maklik, en die stroper se aksiale dorsstelsel stroop verrassend skoon en netjies en sonder enige skade aan die graan. Vir hierdie voortreflike stroopwerk van sowat 1 500 tot 1 750 kilogram graan per uur, benodig hy ’n trekker van 65 tot 75 kW met een hidrouliese koppelpunt vir die oorlaai-awegaar.

Hier kan ook die stewige ratkas gesien word, wat teen ’n kragaftakkerspoed van 540 opm aangedryf word.

Die RCM 11 se mielieplukkerkop is so professioneel as wat kan kom om elke plant deeglik vas te gryp, in te trek, af te sny en elke kop met elke pit na die dorskamer te voer, waar die korrels en kaf doeltreffend geskei word. Vir die boontjieboer bied die RCM 11 ’n opteller wat ’n windry van 800 mm skoon optel vir doeltreffende stroopwerk.

Met die RCM 11 bewys Crop-Tech weer dat hy immer reg staan om alle boere, ook kleiner boere, die beste, bruikbaarste tegnologie te bied wat boerdery doeltreffend en lonend maak. Boonop rugsteun Crop-Tech elke elke produk wat hy verskaf met die beste, begrypendste diens, wat verseker dat die boer sonder sukkel kan aanhou boer.

Vir meer inligting oor stroperoplossings vir die kleiner boer, maar ook oor Crop-Tech se hele reeks landbouwerktuie en planters, praat met Hennie du Toit by 082-850- 3744082-850- 3744 of 056-817-7210056-817-7210, of stuur vir hom ’n e-pos na sales@croptech.co.za. Besoek ook www.croptech.co.za.

 

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0