Ontsnap uit die stad na Bloufontein Wildlife Park of Klipdraai Karavaanpark
Is jy moeg vir die stad se gejaag en geraas na die wilde jaar? Ontsnap dan die vakansie na Bloufontein Wildlife Park of Klipdraai Karavaanpark. Dit is onder die Top 100 safaribestemmings in Suid-Afrika en is deel van die MH Niewoudt-groep.
Bloufontein Wildlife Park het van die mooiste diere om te besigtig soos wildehonde, leeus, tiere en luiperds. Daar is daaglikse toere wat toeriste vat om die wild te gaan kyk. Toeriste kan ook die natuurlewe en verskillende voëlspesies geniet en ontspan.
Klipdraai Karavaanpark is net ‘n uur van Johannesburg en het die grootste woonwapark in Suid-Afrika met mooi geriewe vir troues, staanplek vir 330 woonwaens, vakansiehuisies (chalets) en ‘n warmwaterswembad. Die plek is ook veral bekend vir sy mooiheid en natuurlewe.
Die MH Niewoudt-groep het verskeie ysters in die vuur en is ook bekend vir hulle weidingsgras in die landboubedryf, BRAZGrass. Hulle leuse is nie verniet weiding is wins nie; hulle het al 300 000 hektaar in Suid-Afrika bewei.
Hoe word die saad geplant?
Die saad kan elke sewende jaar geplant word en maak gebruik van bullet-tegnologie. Dit is ’n verpillingsmetode wat verseker dat die saad eers begin ontkiem wanneer daar genoeg vog in die grond is en dan keer niks die BRAZgrass nie.
Voordele van BRAZGrass:
- Dit is ՚n meerjarige gewas, wat 80 tot 90 dae vanaf aanplanting beweibaar is
- Droëmateriaalopbrengs wissel tussen 15 en 40 ton per hektaar per jaar
- Bevat 10 tot 18% ru-proteïen in droëmateriaal
- Bevat geen blousuur
- Geskik vir alle vee en wild
- Die maatskappy is die enigste verspreider van bullet-saad ter wêreld
Daar is drie verskillende BRAZGrass-produkte: Brachiaria Marandu, Panicum Mombacu en Brachiaria Piata. ‘n Tienkilogram sak is genoeg vir vyf tot sewe hektaar en dit kan laat in die lente tot hoogsomer met ‘n fynsaadplanter geplant word of met ‘n kunsmisstrooier gestrooi word.
Kontak 072-824-5236 om ‘n bespreking by die Bloufontein Wildlife Park of Klipdraai Karavaanpark te maak. Vir meer oor BRAZGrass, kontak Gielie Nieuwoudt by 084-800-0193.