Ocmis-spuite help met waterbestuur

ocmis 1
“As dit nie vir die spuite was nie, het ek niks gehad nie. Dan was ons al van die plaas af,” vertel Gert Swanepoel van Schweizer-Reneke.
Hy en sy vrou, Alta, moes ’n paar moeilike besluite neem tydens die afgelope droogte, soos om hulle beeste te verkoop en net die skape te behou om die veld te spaar. Een besluit wat sy waarde deur en deur bewys het, was om twee Ocmiskruipspuite van Irrigation Unlimited aan te koop.
Met die hulp van die spuite en die goed beplande gebruik van boorgatwater kon Gert grondbone vir die seisoen aanplant.Die twee spuite, ’n Ocmis 100/300 en ’n Ocmis 75/220 pas soos ’n handskoen in die boerdery. Die eerste nommer in die modelnaam dui die dikte van die pyp aan en die tweede, die lengte.
Die spuite word regstreeks van die boorgat gevoer met monopomp wat tusen 5,2 en 5,4 bar drukking lewer – genoeg vir elke spuit wat minder as 5 bar benodig om doeltreffend te werk. Gert sê wat hom van die begin af beïndruk het, was die wye verskeidenheid verstellings wat jy kan gebruik om by jou omstandighede te pas, soos die spoed waarteen die kruipspuit beweeg wat ook die watervolume bepaal, die druppelgrootte, asook die hoek, hoogte en afstand wat gespuit word.
Vir die groot spuit is die moederlyn in die middel van die land geplaas sodat die kruipspuit 300 meter na weerskante kan beweeg. Die koppelpunte aan die moederlyn is 60 meter uitmekaar, wat beteken dat daar goeie oorvleueling plaasvind vir deeglike benatting.
Elke 22 uur word die Ocmis by ’n nuwe punt staangemaak. Die verskuiwing is baie maklik. “Dit is ’n eenmanwerk,” sê Gert. Gert het ook al ’n spilpunt op die plaas gebruik en hy sê die selfaangedrewe spuite werk baie beter op sy plaas, want daar is nou nie meer uitvalhoeke nie.
“Ek besproei nou 40 hektaar per week. Met die spilpunt kon ek net 22 hektaar per week besproei en die aankoopprys was amper dubbeld,” vertel hy.
Skakel Tobie van den Heever van Irrigation Unlimited by 082-658-6054 of 012-7362121 of e-pos tobie@iunlimited.co.za vir meer inligting.
