Nuwe toetreder tot stroperresies: Massey Ferguson 9695 laat nie op hom wag

IMG_9795-38-1536×1024
Die eerste oorweging in Massey Ferguson se beplanning is die boer se behoeftes. Daarom streef Massey Ferguson daarna om nuwe tegnologie van die hoogste gehalte te balanseer met die betroubare doeltreffendheid waaraan boere oor die jare heen gewoond geraak het. Dit is presies wat hulle Trident-reeks stropers aan boere bied.
Tydens die onlangse stroperresies wat jaarliks deur die Grootpan studiegroep aangebied word, het die MF 9695 Trident-stroper sy staal kom wys. “Die masjien wat ons in hierdie resies kom inskryf het was die MF 9695 klas 6-stroper,” sê Thomas Wait, bemarkingsbestuurder van AGCO.
Tegnologie wat krag en doeltreffendheid verseker in die MF9695
Die rotor van hierdie stroper is 700 mm in deursnee met die kenmerkende Trident-stelsel. Hierdie stelsel is ontwerp om egalige vloei deur die rotor te verseker deur 360 grade invoer in die rotor. “Die konkawe is met groot vere aan die raamwerk geheg. Die rede daarvoor is dat wanneer daar ՚n groot volume materiaal deur die rotor beweeg en dit vassteek, dan gee die vere mee en stort die vrag na agter,” sê Thomas.
“Wat hierdie masjien uniek maak, is dat die motor en rotor in lyn met mekaar geplaas is,” vertel hy. “Daar is ook ՚n V-verkoelingstelsel wat beteken dat daar twee verkoelers in ՚n V-vorm gemonteer is met ՚n sif aan die bokant. Dit het ook ՚n onafhanklike omkeerwaaier wat natuurlik hidroulies werk.” Dié kenmerke gee jou meer krag vir stroop. Thomas beweeg om die stroper om te beduie na die agterkant van die masjien.
“Omdat die rotor en motor lynreg agtermekaar is, beteken dit die rotor het net twee dryfbande nodig vir aandrywing. Dit is duidelik sigbaar van agter.”
Eenvoudige toegang tot die MF 9695 se enjin
Aan die regterkant van die masjien is dit baie maklik om toegang tot die enjin te kry. Daar is ՚n groot klap wat oopslaan. Van hier af kan die operateur alle nodige komponente van die masjien versien.
Die lug wat die AGCO Power enjin deur die lugfilter intrek word vanaf die V-verkoelingstelsel verkry, wat beteken die lug is nog skoner as gewoonlik – beslis ՚n belangrike kenmerk in ՚n stowwerige land waar die wind die reste rondwaai! Die graantenk hou 10 000 liter. Die uitlaatspoed is 88 liter per sekonde.
Binne-in die MF 9695 se kajuit
Die kajuit is ruim en gee genoeg sigbaarheid aan die operateur. Die dun hoekpilare is so geplaas dat dit nie die siglyn versteur nie. Aan die regterkant van die kajuit is die kontroles by die regterarmleuning. Alle instellings kan maklik vandaar gedoen word, soos om die plukkerkop te lig of die graan uit die tenk te tap.
“Daar is ook ՚n C2100- skerm teen die regterpilaar gemonteer,” vertel Thomas. “Daarop kan jy al jou oeskaarte berg en stuur doen. Climate Fieldview is ook moontlik. Alle masjienverstellings wat met die kontroles gedoen kan word, kan ook deur die raakskerm gedoen word.
Om die stroper wat by jou plaas pas op te spoor, besoek https://www.masseyferguson.com/en/product/combineharvesters/