Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 19th February 2025

Nuwe sensasie basters in die medium-kort & medium-lank droëland groeiklas vir die Oostelike produksiegebiede

1461 words

P18380-Geelmielie_Afrreg

Met hedendaagse klimaats- en ekonomiese onsekerheid is basterkeuse en plasing daarvan seker van die belangrikste bestuursvereistes. Opbrengs is natuurlik die eerste vereiste waarna gestreef word, dus moet menslike- en omgewingsfaktore na elke produsent se vermoë bestuur word. Klimaatsrisiko speel die grootste rol in vogbewaring, dus is die regte bewerkingspraktyke vir jou as produsentbaie belangrik. Ongelukkig is daar nie ‘n resep vir die regte bewerkingspraktyk nie.

Doeltreffende grondvoorbereiding saam met planter en planter aksie is meer as 80% van ‘n produsent se sukses. Die produsent ken sy grond die beste en daar is baie hulpmiddels om grondpotensiaal en grondtipes te bepaal, wat hy kan gebruik om sy optimale bestuurspraktyk te bewerkstellig. Met doeltreffende grondbewerkingspraktyke word die klem geplaas op praktyke wat verseker dat die aangeplante gewas maksimaal kan produseer met effektiewe en maksimum vogbewaring. Dit is noodsaaklik dat grondbewerking so gedoen moet word, dat die gewas wat aangeplant word, die relatiewe lang droë periodes kan oorleef. Daarom is daar geen ander praktyk wat so belangrik is as die primêre bewerking nie.

Verskeie faktore beïnvloed die keuse van ‘n spesifieke bewerkingstelsel, byvoorbeeld: grond, klimaat, seisoen, omgewing en onkruid. Die opheffing van beperkende lae, horisontaal asook vertikaal, speel ‘n belangrike rol en dit moet eers vasgestel word. Dit is natuurlik om effektiewe wortelgroei te bewerkstellig. Kompaksie kom veral voor by sanderige, leemsand- en sandleemgronde met ‘n lae klei-inhoud. Die ploegsool mag voorkom wanneer gronde met medium- en hoë klei-inhoud te nat bewerk word en daar van swaar implemente gebruik gemaak word. Daar moet ook gelet word op chemiese beperkings lae.

Doel of mikpunte ten opsigte van bewerking behels die volgende:

Mik altyd om, ten spyte van wisselende grondwater- en reënvalsituasies, grondbewerkings- en saadbedvoorbereidingsmetodes so te kombineer dat die beste resultate bereik kan word. Bewerkingspraktyke moet so gekies en toegepas word dat grondwaterverliese gedurende wintermaande tot voor planttyd, tot ‘n minimum beperk word. Omrede onvoldoende water gewoonlik die beperkende faktor vir produksie is, moet alle waterbewaringspraktyke nagestreef word. Die grondoppervlak moet in so ‘n toestand gehou word dat maksimum reënvalbenutting deur die jaar verkry word. Dit sal die boer in staat stel om vroeg in die seisoen te plant, wanneer  temperatuur dit toelaat en om swak stand as gevolg van watertekorte uit te skakel. Pas bewerkingspraktyke so toe dat plantwortels die totale grondprofiel kan benut.

Stel vas by watter lande verdigtingslae voorkom en hef dié op. Swak wortelstelsels lei tot swak plante. Bewerkings- en saadbedvoorbereidingspraktyke moet daarop toegespits wees om maksimum effektiwiteit met meganiese- en chemiese-onkruidbeheer te verkry. Vermy onnodige bewerkings. Net soos te vlak bewerkings in sekere omstandighede tot oesmislukkings lei, kan onoordeelkundige diep bewerkings dit ook doen. Hierdie riglyne geld ook vir skoffelbewerkings. Streef daarna om alle grondbewerkings by die korrekte grondwatertoestande uit te voer. In tye van ekonomiese druk moet eerder gekyk word na ‘n meer doeltreffende toepassing van die bestaande praktyk, as om duur implementveranderings aan te gaan. Regte- en goeie saadbed voorbereiding is belangrik om goeie saad-tot-grond kontak te bewerkstellig, sodat die pit die nodige persentasie van sy soortlike massa water kan absorbeer om te kan ontkiem.

Ook is dit belangrik om nie te naby die mielies met implemente te werk wat die wortels kan beskadig nie. Dus moet diep bewerking so gedoen word dat die hele grondprofiel deur die wortels benut kan word. Dit verseker beter vog- en plantvoedingstof opname.

Dit is ook belangrik om te kyk na vertikale kompaksie lae, veral as daar in te nat toestande gewerk word. Doetreffende, effektiewe diep grondbewerking is nie noodwendig duurder as meer tradisionele diep bewerkings nie. Baie produsente het probeer om ‘n besparing te maak tydens diepbewerking, maar was onsuksesvol. Die tipe bewerkingstelsel wat ‘n produsent uitvoer bepaal tot ‘n groot mate die sukses wat hy sal behaal, en as sulks het dit ‘n invloed op die risiko van gewasverbouing.

P18380 opsomming

  • P18380 is ‘n nuwe opwindende geel medium-kort groeiseisoen baster met uitstekende stabiele opbrengspotensiaal vir Oostelike produksiestreke.
  • Dit is ‘n uitstekende vervanging vir die P1788 en P2137 basters, omrede dit beskik oor beter agronomie, aanpasbaarheid en stabiliteit.
  • P18380 is ‘n enkelkoppige baster wat kan kompenseer met laer plantpopulasies en optimale toestande.
  • ‘n Sterk eienskap van hierdie baster is dat hy goed aanpas by plantpopulasies van tussen 30,000 en 50,000 plante per hektaar oor die meeste grondpotensiaal tipes.
  • Hierdie baster kan ‘n produsent se bestuurspraktyk tot ‘n mate verbeter, omdat dit wyd aangepas is oor verskeie rywydtes, grondpotensiale en grondtipes.
  • P18380 beskik oor goeie agronomiese eienskappe met ‘n goeie blaar- en kopsiekte pakket.
  • P18380 is ‘n redelike grootraam baster wat koppe kan hoog plaas, baie dieselfde as die P1788-platform. Juis, omrede die baster sy koppe kan hoog plaas, is staanvermoë gewoonlik onder verdenking, maar staanvermoë is duidelik een van P18380 se sterk agronomiese eienskappe.
  • Vir vroeë aanplantings en wind, is vinnige opkoms en sterk saailinge altyd ‘n groot vereiste en gelukkig voldoen P18380 aan hierdie eienskap.
  • P18380 beskik ook oor  die vermoë om vinnig af te droog wat die stroop proses vergemaklik.
  • ‘n Sterk bydraende eienskap tot hierdie baster se hoë opbrengspotensiaal is sy baie mooi en groot pit wat beskik oor ‘n hoë skepelmassa en wat diep geplaas is op ‘n dun stronk.

Opbrengsvergelyking P18380 VS. P1788 

Tabel 1. Opbrengs en vog vergelyking tussen P18380 en P1788.

Uit die bogenoemde tabel kan daar afgelei word, dat uit die 8 vergelykings tussen P18380 en P1788, dat P18380 ses (6) uit die agt (8) vergelykings, P1788 met 0,649 t/ha (8.8%) klop. Hier kan ook gesien word dat P18380 so ongeveer 0,437% natter is as P1788, dus ‘n bietjie stadiger in groeilengte.

Opbrengsvergelykings Ooste produksiegebied

P18380 – Kommersiële proewe – 1 jaar data

Grafiek 1. Opbrengs en persentasie (%) wenne van P18380 teenoor ander Pioneer basters.

Grafiek 1 is waar P18380 oor een seisoen in kommersiële proewe oor die Oostelike produksiegebied getoets was. Die volgende kleure stel die volgende voor:

  • Wit blok = Opbrengs verskil (t/ha)
  • Oranje blok = Persentasie (%) wenne van basters vergelyk teen P18380 wat die 0-lyn
  • Geel blok = Aantal vergelykings

‘n Voorbeeld is waar P1788PW maar 14,3% van die 21 vergelykings teen P18380 wen en verloor met ‘n gemiddelde opbrengs van 1,01 t/ha.

P2362R opsomming

  • Die nuwe toevoeging van P2362R tot die P2362-platform, verbeter die goeie en stabiele opbrengspotensiaal in die Oostelike produksiestreke vir die medium-lank groeiseisoen mark.
  • P2362R is nou nuut en beskik oor uitstekende aanpasbaarheid en stabiliteit oor verskeie grond- en opbrengspotensiale, wat kan presteer op meeste grondtipes en alle rywydtes.
  • Dit is ‘n enkelkoppige baster wat beskik oor die vermoë om te kan kompenseer met ‘n tweede kop by laer populasies.
  • In hedendaagse bestuurspraktyke is dit belangrik om te kyk na die plant van ‘n pakket, wat bestaan uit verskillende basters in onderskeidelike groeiseisoen lengtes.
  • P2362-platform is ‘n uitstekende baster om saam met P18380, P1975- en P2432-platforms in ‘n pakket te gebruik.
  • Die P2362-platform beskik oor goeie agronomiese eienskappe soos baie mooi kophoogte en met goeie plasing.
  • Dit beskik oor redelike afdrogingsvermoë vir die groeiseisoen klas en stroop ook maklik.
  • P2362R beskik oor baie aantreklike graan met hoë karoteen inhoud.
  • Die P2362-platform het ‘n baie goeie staanvermoë en het ‘n redelike duk stam.
  • Dit lyk ook of hierdie platform goeie toleransie toon teen kop- en blaarsiektes.
  • Met koel- en stremmingstoestande kan dit pers of rooierig vertoon. Dit is maar as gevolg van stadige groei en stadige translokasie van die suikers, wat dan antiosianiede simptome wys.

Opbrengsvergelykings Ooste produksiegebied

P2362R – Navorsingsproewe – 2 jaar data

Grafiek 2. Opbrengs en vog persentasie (%) van P2362R teenoor ander Pioneer basters.

Grafiek 2 is waar P2362R oor twee seisoene in navorsings proewe oor die Oostelike produksiegebied getoets was. Die volgende kleure stel die volgende voor:

  • Wit blok = Opbrengs verskil (t/ha)
  • Oranje blok = Persentasie (%) vog van basters
  • Geel blok = Aantal vergelykings

‘n Voorbeeld is waar P2362R oor twee seisoene ‘n gemiddeld van 6,8 t/ha oor 43 vergelykings behaal het met ‘n gemiddelde vog persentasie van 18,5%.

Samevatting

Konsekwente en stabiele hoë opbrengs prestasie onder ‘n wye reeks groeitoestande is ‘n uitdaging vir die meeste produsente. Produsente wil hoë presterende produkte onder optimum toestande hê, maar erken ook dat daardie stabiele prestasie onder swakker toestande ewe belangrik is.

Produsente ervaar ook variasies in groeitoestande wat binne landerye en verskillende lande, of oor jare voorkom. Opbrengs- en opbrengs stabiliteitseienskappe saam baster aanpasbaarheid bied ook vir boere ‘n verhoogde produksie, wanneer dit gekombineer word met hul huidige agronomiese bestuurspraktyke.

Ek dink dit is baie belangrik om nie tydens droogte en nat toestande, drastiese bestuursveranderinge aan boerderypraktyke aan te bring nie. Bly by wat werk, verminder risiko.

Om af te sluit, is dit belangrik dat ‘n produsent genetika in sy spesifieke omstandighede en bestuurspraktyk moet toets, omrede daar ongelooflik baie veranderlikes is wat impak op opbrengs het.

Vir meer inligting kontak Pioneer by info.rsa@pioneer.com of gaan na www.pioneer.com/za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0