NEW HOLLAND T60 Trekkerreeks

T6090_RangeCommand_15_MEA_125
Hoewel New Holland se T6000-trekkerreeks al geruime tyd beskikbaar is, is allerlei veranderinge en opgraderings deur die jare aangebring om ՚n meer doeltreffende produk te verseker. Drie tegnologievlakke kom voor in die reeks, naamlik DELTA, PLUS en CLASSIC, wat van 126 tot 165 pk (93 tot 121 kW) lewer.
DELTA-reeks
Die DELTA-reeks is die mees ekonomiese en bestaan uit die T6050 (126 pk / 93 kW) met ՚n rolstaafbeskerming (ROPS)-platform of -kajuit. Hierdie reeks is in 2023 met ՚n 16 x 16 Electro Command-ratkas toegerus. Hierdie ratkas het nie ՚n koppelaar nodig nie, en dus is skakeling tussen die ratte veel makliker. Die trekker word dikwels gebruik om waens na die silo te sleep, en die opgedateerde ratkas vergemaklik dus die operateur se werk. Onderhoudkoste is ook laer as gevolg van hierdie stelsel.
PLUS-reeks
Die PLUS-reeks bestaan uit die T6070 (104 kW)-kajuittrekker wat dieselfde ratkas as die DELTA-reeks het. Die trekker beskik egter oor die geslotebaan hidrouliese stelsel van 113 liter per minuut met drie volledige hidrouliese koppelings. Al drie het vloeibeheer, terwyl twee verstelbaar is vir watter funksie jy dit ookal benodig. Hierdie trekker is ideaal vir plantwerk of enige ander hidrouliese behoeftes.

New Holland se T6000-reeks bied uitstekende werkverrigting, produktiwiteit en presisietegnologie.
CLASSIC-reeks
Die hoëspesifkasie CLASSIC-reeks se T6070 (141 hp/105 kW) en T6090 (165 hp /123 kW) beskik oor die brandstofinspuiting-enjin (common rail) wat toegerus is met die ‘boosted’- funksie in sekere toepassings. Die trekker hoef nou eers elke 600 uur gediens word, pleks van 300 uur voorheen, wat ook ՚n besparing bied op instandhouding. Die 18 x 6 Power Command vol kragskakeling ratkas bied uitstekende werkverrigting en gemak vir die operateur.
Dieselfde hidrouliese stelsel wat in die PLUS-reeks aangetref word, is ook in die CLASSIC beskikbaar. Twee standaard band-opsies is beskikbaar, naamlik 650/65R38 agter en 540/65R28 voor; of die rygewasbande van 580/70R42 agter en 480/70R30 voor. Die trekker is toegerus met ՚n volledige stuurstelsel en al wat jy kort is die akkuraatheidsein om al jou aksies te verrig. Jy het volle toegang tot die FieldOps-portaal waarop jy plaas, vloot en data kan integreer en stoor en dit is boonop gratis! Verskeie ander opsies is ook beskikbaar, soos die voor gemonteerde driepunt-hyser met hidroulika en kragaftakker (PTO). Al die trekkers is toegerus met premium-bande en die ruim kajuite bied uitstekende sigbaarheid.
Waarborg en finansierings opsies
՚n Drie jaar-/3 000 uur-waarborg is standaard op al die T6000-trekkers, en dit kan verleng word na ses jaar. CNH Capital bied verskeie rentekoerssubsidieplanne aan wat betref al die T6000-trekkers, waaronder prima -7% oor 24 maande met ՚n 50%-deposito of prima -4% oor 36 maande met ՚n 35%-deposito. Die 15% BTW op jou transaksie word ook gefinansier, en jy kan dit binne drie maande terug eis. Sodoende verminder dit jou deposito en verbeter jou kontantvloei.
Vir meer inligting, besoek New Holland se webtuiste by www.newhollandag.co.za of kontak jou naaste New Holland-handelaar.