Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 17th August 2023

Nello Dohne-Merino stoet bied suksesvolle 22ste produksieveiling aan

By 1 min read
197 words

DSC_0370-1-1024×683

Duurste ram Lot 5, (LW 19 1299) verkoop aan Corlia Kleynhans van LK Dohnes in Erfplaas, Kroonstad.

Die Nel familie het hulle 22ste produksieveiling die 27 Julie te plaas Ofra in die Brandfordt distrik aangebied. Die Nello Dohne-Merino stoet is bekend vir hulle hoë vrugbaarheidsyfer, wat die doeltreffendheid en winsgewendheid van enige stoetery aansienlik kan verhoog.

“Kopers op ons 22ste produksieveiling het ‘n slim belegging in Dohne-Merino genetika gemaak, wat hulle boerdery finansieel sal bevoordeel en sal help om die woord oor skaapboerdery in die algemeen en ook oor die ras te versprei,” vertel Luan Nel.

Die gemiddelde en hoogste pryse van die dag

Ramme:

Links van agter tot regs: Louis Nel (Verkoper), Karel du Plessis (BKB tegniese adviseur), Corlia Kleynhans (Koper), Carel Nel (Verkoper), Henton Minnaar (BKB tegniese adviseur), Luan Nel (Verkoper) en Danie Strauss (Afslaer) heel voor.

  • n Totaal van 70 top Dohne-Merinoramme is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R13 320. Die duurste ram, Lot 5, word vir R30 000 verkoop aan Corlia Kleynhans.

Ooie:

  • Dragtige tweelingooie behaal ’n gemiddelde prys van R3 100.
  • Dragtige eenlingooie behaal ’n gemiddelde prys van R2 550.

Volg Nello Dohne’s se Facebookblad om op hoogte te bly van wat hulle

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0