Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 18th September 2023

Nedbank: Saam is ons sterker – hoe samewerking met die regte vennote die landbousektor kan help floreer

By 4 min read
742 words

Capture

Ten spyte van die vele uitdagings wat Suid-Afrika se landbouwaardeketting, wat tussen 10% en 12% tot die land se algehele ekonomiese uitset bydra, moet trotseer, bied dit steeds gulde geleenthede. Te danke aan hoë oespryse en aanvraag asook stewige uitvoeraktiwiteit is die landbousektor een van min wat sedert die Covid-19-pandemie floreer, met landbou-uitvoere wat in 2022 ’n nuwe rekord van $12,8 miljard (R234 miljard) bereik het.

Maar meedoënlose Eskom-kragonderbrekings, hoër rentekoerse, swak infrastruktuur, mislukte dienslewering, geopolitieke spanning en die regering se huidige konsepwaterregulasies druk egter die sektor tot op die randjie. Volgens Statistiek SA het landbou-uitset in die eerste kwartaal van 2023 met ’n aansienlike 12,3% gedaal en die jongste Agbiz/NOK-sakevertroue-indeks het die laagste lesing vir die afgelope twee kwartale sedert die tweede kwartaal van 2020 aangeteken.

Hoewel baie van die uitdagings buite die sektor se beheer is en ’n sistematiese benadering en daadwerklike verbintenis van die regering vereis om die ekonomie te herbou, moet rolspelers in die sektor in die tussentyd maniere vind om die kompleksiteite te bestuur wat wel binne hul beheer is.

John Hudson, Hoof van Landbou by Nedbank Kommersiële Banksake sê een moontlike manier is om die regte vennootskappe te sluit – vennootskappe wat hulle kan ondersteun en help groei. ‘Dit is veral belangrik om die regte finansiële vennoot te kies. Een wat landboubesighede met die op- en afdraandes van hierdie uitdagende omgewing kan help en hulle kort- asook langtermyngroeidoelwitte steun.’

‘Nedbank se landbouspesialiste het ’n diepliggende passie vir die landboubedryf, en ons langtermynsiening en verhoudingsbenadering wat op die boer fokus, stel ons in staat om die risikodrywers en versagtingstrategieë van individuele agribesighede ten volle te verstaan en spesifieke kwelpunte en behoeftes aan te spreek. Daarmee saam bied ons ook volhoubaarheidsgerigte oplossings wat op Nedbank se hoofdoel gegrond is – om goed te doen vir individue, families, besighede en die samelewing,’ sê hy.

Hudson voeg by dat Nedbank daartoe verbind is om tot ’n groeiende, mededingende, getransformeerde en klimaatsveerkragtige landbousektor by te dra. Daarom is hulle onder die markleiers wat die finansiering van volhoubare oplossings regoor die hele landbouwaardeketting betref.

‘Deur volhoubare sakepraktyke by groeiplanne in te sluit, kan ons kliënte ’n betekenisvolle impak op die ekonomie en omgewing maak en terselfdertyd mededingend en relevant bly.’ In samewerking met sy talle vennote in volhoubare oplossings het Nedbank bekostigbare finansiering vir ’n spektrum vereistes ontwikkel, wat energiesekuriteit, waterdoeltreffendheid, skadunet- asook afval- en herwinningsoplossings, grondgesondheid en volhoubaarheidsfi nansiering insluit.

‘Ons pasgemaakte volhoubaarheidsfinansiering stel kliënte in staat om strukture te prioritiseer en te implementeer om die doeltreffendheid van hul besighede te verbeter. Ons bied onder andere verlengde betalingstermyne wat ooreenstem met die terugbetalingstydperk van gefinansierde toerusting, kontantvloeineutraliteit waar toekomstige kontantvloeiverbeterings oorweeg word, en geleenthede om vir belastingaansporings te kwalifiseer.’

Afgesien daarvan dat hierdie aspekte groeiende, veerkragtige landboubesighede bevorder, werk Nedbank saam met kliënte om te verseker dat hulle nalatenskap bly voortbestaan vir opeenvolgende generasies.

‘Met die regte finansiering wat by elke kliënt se vereistes en omstandighede pas, hetsy vir diversifikasie-, markuitbreidings-, beleggings, of transformasieen inklusiewe groeidoeleindes, kan ons landboubesighede se groei lei. En met doeltreffende maniere om aan boere se kontantvloeivereistes te voldoen en om op seisoenale en sikliese veranderings te kan reageer, stel ons kliënte in staat om hulle netto wins te beskerm.’ Hudson beklemtoon dat die behoud van ’n nalatenskap ook beteken dat jy jou bates en lewensbestaan teen onverwagse gebeurtenisse moet beskerm.

‘Ons versekeringsopsies vir kliënte en hulle landboubates en -besighede verseker dat hulle nie aan onnodige risiko’s blootgestel word nie, terwyl ons advies-geleide finansiële beplanning kliënte help om beter finansiële besluite te neem en hul toekomstige doelwitte te bereik. Nedbank Private Wealth, byvoorbeeld, maak voorsiening vir kliënte met ’n hoë netto waarde en snoer kliënte se finansiële behoeftes saam deur middel van gespesialiseerde bank- en beleggingsdienste en wêreldwyd geïntegreerde oplossings sodat hulle beide hulle kort- en langtermyndoelwitte kan bereik.’

Volgens Hudson verseker hierdie holistiese benadering, tesame met die volle omvang van tegnologie en die regte vennootskappe, dat Nedbank in die ontwikkelende behoeftes van ons snelveranderende landbousektor kan voorsien.

‘Ons glo dat ons saam meer kan bereik. Daarom werk ons saam met toonaangewende belanghebbendes in die sektor, soos WWF-SA, Agrico, SA PALS, neXgro en Hohm Energy, om insig te kry oor die uitdagings op grondsoolvlak sodat die volle potensiaal van Suid-Afrika se voedselwaardeketting ontsluit kan word.’ Dink groter.

Dink Nedbank Kommersiële Banksake. E-pos ons by agriculture@nedbank.co.za om meer uit te vind.

 

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0