Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 6th February 2025

Nasionale Dohne Merino-veiling behaal top pryse en lok jongboere

By 2 min read
323 words

LOT 19, R200 000

Lot 19: Francois Wilken (koper, Bet-El Dohnes), Philip Heyns (koper, Rouxville), Evan Hartley (Dohne Merino Inspekteur van OVK), Clark Rattray (verkoper, Pleasant View Dohnes), Vaughan Collier (bestuurder, Dohne Merino Genootskap), JP Marais (afslaer, BKB). Voor: Bigboy Magenu en Snqobile (stoetmeesters, Pleasant View Dohnes), Hayden Rattray (Pleasant View Dohnes).

2025 het op ‘n hoë noot begin vir die Dohne Merino boere, want die groot Nasionale-veiling is op 1 Februarie 2025 gehou en dit was ‘n groot sukses. Die veiling is baie goed ondersteun deur stoet en kommersiële boere as gevolg van die goeie aanpasbaarheid van hierdie ras in verskeie klimate.

“Ek glo dat uitstaande genetika binne die Dohne Merino bedryf gewissel het en dat dit vooruitgang vir die ras sal verseker,” sê Vaughan Collier, bestuurder van die Dohne Merino Genootskap.

Die 35 ramme wat aangebied was op die veiling is alles verkoop. “Dit is blywind om te sien hoeveel jong toetreders tot die Dohne-bedryf daar is. Ek is dankbaar vir die goeie pryse maar glo dat die 100% verkope die belangrikste maatstaaf van ons veiling was,” sê Vaughan.

Topverkopers:

Lot 19 is vir R200 000 verkoop.

Lot15 is vir R160 000 verkoop.

Lot 15: Dieter Schutte (BKB), Vaughan Collier (bestuurder, Dohne Merino Genootskap), Jurrie Wessels (koper, Weska Dohnes), Dries Pienaar (verkoper, White Wools Dohnes), DW van Vuuren ( bestuurder, White Wools Dohnes), Koenas vd Westhuizen ( President, DMTG), JP Marais (afslaer, BKB). Voor: Isak Veldman (hou ram vas).

BKB het as makelaar opgetree tydens die veiling en JP Marais was die afslaer. Die Dohne Merino Genootskap sien uit daarna om aan die einde van Januarie 2026 weer ons Nasionale veiling aan te bied.

Hoekom die Dohne Merino-ras uitstaan:

Dit is ‘n ras met aanpasbaarheid, produktiwiteit en veelsydigheid. Die Dohne Merino is ‘n dubbeldoelras wat sowel hoëgehalte vleis as fyn wol lewer, wat dit ‘n waardevolle aanwins maak vir boere wat die uitdagende landskappe van die land aanpak. Die ras is ‘n toonbeeld van vernuwing en veerkragtigheid, ontwerp om te floreer in Suid-Afrika se wisselende klimate, veral die strawwe suurveldtoestande van die Oos-Kaap.

Die ras se hoë gehalte wol voldoen aan die vereistes van die tekstielbedryf, terwyl sy robuuste karkasopbrengs by vleisprodusente aanklank vind.

Kontak Tiny Smith – 082 698 3353 / tiny@proagri.co.za of Bianca Henning – 082 326 2572 / bianca@proagri.co.za om jou veiling te bemark.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0