’n Veilige hawe vir boere en oeste – danksy Gallagher

WhatsApp Image 2025-06-18 at 15.34.59 (1)
Toe Uitenhage vloede beleef het, het Libbie Marais met ‘n probleem gesit. Sy moes vir haar perd en haar donkie nuwe blyplek kry en hoewel sy ‘n plot gekry het vir hulle om te wei moes sy dit op ‘n manier beveilig en omhein. Danksy Gallagher se goedhartigheid kon sy haar diere ‘n splinternuwe huis gee.
Libbie vertel dat vloede veroorsaak het dat daar nie meer veilige skuiling vir haar perd, Pax en donkie, Chester was nie.
Aanvanklik het sy aan ‘n paar deure geklop en sy is aangeraai om met Gallagher te gesels. Sy het vir hulle ‘n e-pos gestuur en haar situasie verduidelik.
Die 19-jarige Libbie betaal self vir haar diere se omsien met die geld wat sy maak deur honde op te pas as hulle eienaars weg gaan. Dus het sy ‘n goedhartige samaritaan nodig gehad wat bereid was om haar te help.
Gallagher het na haar redding gekom en vir Libbie van hulle Geared Polytape, Insulator Screws en ringe, Multi-lead Connectors, ‘n Smartfix Volt Finder Tester en ‘n S20 Energizer geskenk.

Geared Polytape
Gallagher Geared Polytape is ‘n draagbare elektriese heiningoplossing wat ‘n duursame ratkas kombineer met 200 meter polytape – ‘n plat, geweefde geleierband wat gebruik word om ‘n elektriese stroom oor tydelike of semi-permanente heinings te dra.
Insulator Screws en ringe
Gallagher-isolatorskroewe en ringe is robuuste elektriese heiningkomponente wat ontwerp is om geleidende draad of koord veilig aan houtpale vas te maak terwyl dit elektriese kortsluitings voorkom. Hulle is ideaal vir beide permanente en tydelike heiningopstellings.

Multi-lead Connectors
Gallagher Multi-draadverbindings, ook bekend as Multi Reel Lead Connectors, is gespesialiseerde bykomstighede wat gebruik word om tot drie draagbare heiningrolle aan ‘n permanente elektriese heining of energieverskaffer te koppel. Hulle is ontwerp vir doeltreffendheid, duursaamheid en gebruiksgemak in rotasieweiding of tydelike heiningopstellings.
Smartfix Volt Finder Tester
Die Gallagher Smartfix Volt Finder Tester is ‘n kompakte, multifunksionele instrument wat ontwerp is om boere en heiningbestuurders te help om vinnig probleme in elektriese heiningstelsels te diagnoseer en op te los. Dit kombineer ‘n digitale voltmeter (DVM) en ‘n stroommeter in een robuuste, sakformaat toestel.

S20 Energizer
Die S20 Energizer is ‘n kompakte, draagbare, vinnig laaiende en langdurige sonkragheining-Energizer met ‘n interne litiumbattery, ‘n hoogs doeltreffende sonpaneel, intelligente aanpasbare energiebeheer en robuuste konstruksie. Die S20 Energizer neem draagbare elektriese heinings na nuwe vlakke.
“Hierdie is nie net wonderlike produkte nie maar vir my is hulle ook bekostigbaar aangesien ek nie elektrisiteit in die veld het nie,” vertel Libbie.
Dit is ook baie gebruikersvriendelik en het Libbie net 20 minute gevat om alles op te stel en aanmekaar te sit.
“Die goed is verskriklik sterk en is gebou vir uiterste kondisies, ek was verbaas hoe die Energizer deur die reën bly staan en my perd het al sy kop teen die toestelle gekrap en hulle kom niks oor nie,” sê Libbie.
Sy het reeds ander mense op Gallagher se pad gesit en vertel dat sy in die toekoms beslis sal belê in nog Gallagher produkte.
Indien jy opsoek is na ‘n alles-in-een Gallagher oplossing besoek gerus hulle webtuiste by www.gallaghersa.co.za.