Categories: NuusPublished On: 22nd August 2024

‘n Skaapboer se beste vriend

By 3 min read
632 words

Andrew-Philip–his-Junior-dog,-Krypto

Andrew Philip & sy Junior hond, Krypto

NAMPO Kaap 2024 het ‘n opwindende nuwe item op die program met die Skaaphondprogram wat van Woensdag tot Vrydag, 11-13 September 2024 in die BKB Veesentrum plaasvind.

Pippa Philip, Nasionale Sekretaris van die Suid-Afrikaanse Skaaphondvereniging (SASDA), en een van die organiseerders van die geleentheid by NAMPO Kaap 2024, verduidelik: “Ten spyte daarvan dat tegnologie vele aspekte van landbou oorneem, het werkende honde steeds ‘n baie waardevolle rol om te speel. ‘n Goed opgeleide hond kan ‘n skaapboer, of sy personeel help om ‘n trop skape of trop beeste op ‘n doeltreffende en spannings vrye manier te hanteer. Meganiese toestelle, soos hommeltuie, is net so goed soos hul operateur, terwyl ‘n goeie hond sy lewendehawe kan “lees” en toepaslik kan optree”.

Philip het hierdie honde, wat reeds vir honderde jare geselekteer word hul vermoë om ‘n trop skape bymekaar te maak en vir hul opleibaarheid verder geprys.

“’n Ervare vennootskap van ‘n hanteerder en sy hond is ongelooflik om te sien en hierdie honde, wanneer hulle behoorlik opgelei en bestuur word, kan die wonderlikste take verrig. Daar is niks meer bevredigend as om ‘n moeilike werk met jouself en jou hond uit te voer nie!”

Woensdag en Donderdag se program begin om 09:00 begin met ‘n uur-lange demonstrasie en verduideliking van hoe om ‘n hond te begin oplei om met skape te werk. Daar sal honde in verskillende stadiums van opleiding wees, wat die opleidings proses se vordering sal toon, met ‘n interaktiewe sessie vir toeskouers om vrae te vra en raad te bekom.

Philip sê verder, “Woensdag, tussen 11:00 en 13:00, en 15:00 en 17:00, sal daar ‘n Kraal- kompetisie wees vir enige hanteerder wat wil deelneem, met ‘n voorgeskrewe baan en vasgestelde tydsbeperking. Afhangende van inskrywings, word ‘n paar rondtes beplan, met elke rondte-wenner wat aan die einde van die dag deurdring na die finale rondte, gevolg deur ‘n prysuitdeling, geborg deur Optimizor hondekos. Deelname is gratis, maar belangstellendes word gevra om die SASDA-kantoor te kontak op 078-439-0329 .”

Donderdag, gedurende dieselfde ure, sal ‘n Kraal-kompetisie, met van die SASDA-lede, aangebied word, wat dieselfde formaat sal volg. Onder diegene wat deelneem, is die heersende Hond van die Jaar 2023, Diesel, en sy hanteerder Mark Trollip van Swellendam. Die Hond van die Jaar-toekenning is ‘n gesogte toekenning wat aan die hond wat regdeur die jaar die beste presteer, toegeken word. Die 2023 SA Nasionale Kampioen, Mac, saam met sy hanteerder Pierre Strydom van Kareedouw, sal ook deelneem. Tydens die geleentheid, sal kommentaar gelewer word en verduidelik word waarna die regter soek.

Vrydag tussen 11:00 en 13:00 sal daar ‘n kort kompetisie tussen SASDA-lede wees, plus ‘n demonstrasie van twee honde wat gelyktydig gewerk word (Pare). Daar sal ook ‘n vraag-en-antwoord-sessie wees, met demonstrasies, indien moontlik.
“Vir die drie dae sal ons ‘n stalletjie in die BKB-Lewendehawesentrum hê, beman deur lede van SASDA, wat graag vrae sal beantwoord en daar sal ook opleidingsmateriaal te koop wees. Ons is baie dankbaar vir borgskappe van BKB en Optimizor Hondekos wat die program moontlik maak”, het Philip mee afgesluit.

Pierre Strydom & Mac, wat hul skape vaskeer.

Vir meer inligting kontak die SA Skaaphond Vereniging:

Sel No. 078-439-0329 (Dinsdag tot Vrydag, 09:00 tot 13:00)
E-pos: sasda@jenny.co.za
Algemene inligting: www.sasda.za.net.

Sien jou daar!

Toegangskaartjies is vanaf 1 Julie 2024 aanlyn beskikbaar by www.ticketpros.co.za, met afslag op toegangsfooie vir aanlynaankope, teen R80 vir volwassenes en R50 vir skoolgaande kinders. Kaartjies by die hekke sal te koop wees teen R100 vir volwassenes en R50 vir kinders. Voorskoolse-kinders kom gratis in. NAMPO Kaap duur van Woensdag, 11 tot Vrydag, 13 September van 08:00 tot 17:00 en Saterdag, 14 September van 08:00 – 14:00. Besoekers kan die Kaap Agulhas Toerismekantoor kontak vir verblyf by 028 424 2584 / 082 896 2225 of www.overberg-info.co.za

Vir meer inligting oor NAMPO Kaap 2024, besoek www.nampokaapco.za, kontak Chrystal van Wyk by 028-050-1385 of stuur ‘n e-pos aan admin@expo.org.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0