Moenie Meyersvlei Bonsmara se 9de Produksieveiling misloop nie: Vrugbare, prestasiegedrewe genetika

meyersvlei
Na ‘n strawwe droogte gevolg deur verwoestende brande gedurende 2024, beloof Meyersvlei se Bulaanbod op 18 Junie 2025 om alle verwagtinge te oortref. Die katalogus bevestig bulle uit ‘n hoogs vrugbare kudde, met ‘n goeie verskeidenheid van tipes om uit te kies. Meyersvlei se teelbeleid van die afgelope sestien jaar verseker ook dat feno- en genotipes mekaar komplimenteer.
“Ons is dankbaar dat ons kopers uit sestig bulle topgehalte diere kan selekteer waaronder vier bulle wat ons self in die stoet gebruik het en twintig bulle geskik is vir die dek van verse,” sê Hennie van Dyk, Meyersvlei Bonsmara.
“Uit hierdie hoogs vrugbare kudde bied ons dus aan voornemende kopers die geleentheid om topgehalte teelbulle te bekom. Reproduksie (vrugbaarheid) is die belangrikste eienskap vir volhoubare finansiële sukses in ‘n vleisbeeskudde,” voeg hy by.
Kyk gerus in hulle katalogus na die prestasie van hulle bulle se moeders.
“Ons bulle het bewese aanpasbaarheidseienskappe en behou kondisie onder ons strawwe Hoëveldtoestande,” noem Hennie.
Hulle beveel sterk aan dat voornemende kopers op afspraak die bulle vroegtydig op die plaas sal besigtig om ingeligte en goed deurdagte besluite te maak.
Op veiling is 60 SP bulle en 60 dragtige vroulike diere. Bulle word gratis afgelewer in ‘n 200 km radius.
Hulle sien uit om julle op Meyersvlei te ontvang op Woensdag 18 Junie 2025, 11:00 te plaas Meyersvlei, Standerton.
Kontak gerus vir Hennie van Dyk by 082-901-6327 of vir Johan van Dyk by 076-511-6387 vir meer inligting.