Categories: NuusPublished On: 30th June 2025

Minister vol lof vir Delmas Valke wat vee blitsig vind

By 5 min read
971 words

cow-2782461_640

Twintig gesteelde koeie waarvan die oorplaatjies afgesny is, is deur die Delmas Valke en polisie op die toneel waar die gesteelde vee gelaai is, gevind. (Bron: Pixabay, ter illustrasie)

AfriForum se Delmas Valke-buurtwag het die afgelope week in twee afsonderlike voorvalle altesaam meer as 60 gesteelde beeste ter waarde van bykans een miljoen rand teruggevind.

Die 64 beeste ter waarde van R960 000 is verlede Sondag en Maandag tydens ‘n gesamentlik operasie van die Delmas Valke en die polisie teruggevind.

Klopjagte wat Saterdag by twee veilingkrale op Sundra gedoen is, en 53 gesteelde koeie opgelewer. Nege van die koeie kon geëien word as die van ‘n boer van Bethal wat die diefstal van 45 koeie by die polisie aangemeld het.

‘n Verdagte wat aangekeer is het die laaiplek buite Hendrina uitgewys en nog 20 beeste, waarvan die plaatjies van die ore afgesny is, is op die toneel gevind. Een van die plaatjies van ‘n veilingskraalkoei is gevind en kon teruggespoor word na ‘n boer in die Hendrika-distrik.

Die Delmas Valke en polisie het die spore sowat 20 km ver gevolg en teen Sondagmiddag was 53 koeie, 33 van die Bethalboer se 45 koeie, reeds teruggevind.

Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga Hoëveld, is wee verdagtes steeds op vrye voet.

Hennie meen die operasie was ‘n reuse sukses en dokumentasie waarop beslag gele is, toon dat die diefstal waarskynlik die werk van ‘n sindikaat is. Die dokumentasie sluit vervalste brandmerkdokumente in wat gebruik is om die beeste by die veilingkraal te registreer, asook persoonlike dokumente van een van die voortvlugtendes wat sal help om hom vas te trek.

Minister vol lof vir Delmas Valke

John Steenhuisen, minister van landbou, was Vrydagmiddag vol lof vir die Delmas Valke en Afriforum se bydrae in die stryd teen veediefstal wat boere landwyd teister.

“Veediefstal is ‘n groot bedreiging vir ons landbougemeenskap. Al word hulle in die gesig gestaar deur droogtes en ander uitdagings, werk hulle onverpoosd om by te dra tot ons ekonomie, werkskepping en die voortbestaan van landelike gebiede,” het hy in ‘n mediaverklaring gesê.

Die minister het beklemtoon dat samewerking tussen AfriForum en die polisie die sleutel tot suksesvolle optrede teen hierdie tipe misdaad is. “Hierdie  gesamentlike pogings is waardevol om ons boere te help om hulle werk voort te sit.”

Hy bepleit sterker polisieteenwoordigheid in landelike gebiede ten einde eiendom en mense te beskerm en slagoffers van veediefstal die vrymoedigheid te gee om na vore te kom. Kundiges meen hoeka slegs 30% van veediefstalle word aangemeld omdat die opvatting bestaan dat die polisie nie omgee nie of dit as tydmors beskou om veediefstalsake op te volg.

In die afgelope finansiële jaar is 190 000 stuks vee, insluitend 53 600 beeste 80 600 skape en 55 700 bokke in 25 606 sake by die polisie aangemeld.

Volgens hom werp Afriforum se aanlyn-opleiding om veediefstal hok te slaan reeds vrugte af. Die eerste kursus wat op 18 Junie aangebied is, is deur AfriForum se buurt- en plaaswaglede van oral in die land bygewoon.

Enorme verliese

AfriForum se beraming dui daarop dat veediefstal die landboubedryf ten minste R200 miljoen direkte verliese tydens die vierde kwartaal van 2024/2025 (Januarie tot Maart 2025) gelei het.

Steenhuisen meen veediefstal is ‘n ernstige bedreiging vir voedselsekerheid in die land want as vee gesteel word, lei dit tot ‘n afname in die aanbod van vleis, melk en ander diereprodukte. Hy beklemtoon dit is almal se verantwoordelikheid om die soort misdaad aan te spreek.

Kursus

Volgens Hennie, wat die kursus teen veediefstal saamgestel het, word die Oos-Kaap, waar 1 628 gevalle van veediefstal in die laaste kwartaal van 2024/2025 aanmeld is, die ergste deur die misdaad geteister. Oor dieselfde tydperk is 569 voorvalle in Mpumalanga aangemeld. Ses polisiekantore in die provinsie tel ook onder die 30 waar die meeste gevalle aangemeld word.

In die laaste kwartaal is meer as 19 000 skape, sowat 12 000 beeste en 12 000 bokke landwyd gesteel, en die afgelope jaar is meer as 25 600 gevalle van veediefstal aangemeld.

“Hierdie syfers skep nie die ware prentjie van die probleem nie. Boere bestee miljoene rande aan wagte en tegnologie om hulle kuddes te beskerm. Dit, tesame met die ekonomiese druk op die vleismark, bring boere by die punt waar dit feitlik onmoontlik is om winsgewend te boer.”

Hy sê die foutiewe klassifikasie van veediefstal en gevalle waar die polisie traag is om gevalle aan te teken, lol ook.

“Dit is veral kommerwekkend wanneer ‘n boer wat diefstal ter waarde van meer as R100 000 wou aanmeld, by drie polisiekantore weggewys is.”

Hennie gee toe dat die polisie se veediefstaleenheid ernstige uitdagings ervaar weens te min personeel en te min, albeit onbetroubare voertuie wat lang afstande op moeilike terrein moet aflê in die tamaai gebiede wat hulle moet bedien.

Volgens hom raak veediefstal sindikate ook al meer uitgeslape en weet presies hoe om die uitdagings wat die landelike gebiede ervaar tot hulle voordeel uit te buit.

Gesteelde vee word oor provinsiale grense heen verskuif, wat dit nog moeiliker maak om die vee op te spoor. Die vee word by veilings of spekulante  honderde kilometers van die misdaadtoneel af verkoop. Boonop is polisielede nie altyd goed opgelei om op te tree om veediefstal te bekamp nie.

Jacques Broodryk, AfriForum se hoof woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid beklemtoon dat die gemeenskappe se samewerking noodsaaklik is vir die suksesvolle bekamping  van veediefstal. “Dit is uiters belangrik dat boere by hulle plaaslike landelike veiligheidstrukture soos AfriForum se plaaswagte inskakel om die gevalle onmiddellik aan te meld wanneer die polisie nie sake wil registreer nie.”

AfriForum het meer as 170 buurt- en plaaswageenhede landwyd en hulle weet wat die uitdagings  is wat veediefstaleenhede ervaar. Die opleidingsprogram is juis geskep om AfriForum se eie lede op te lei om die veediefstalprobleem aan te spreek.

Word ‘n lid van AfriForum en help om ‘n verandering te maak. Besoek die webtuiste by www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Bronverwysings

AfriForum https://afriforum.co.za/en/

Bekker, H. (2025) Stock theft robs agriculture of at least R200m in one quarter – AfriForum Politics Web. https://www.politicsweb.co.za/politics/stock-theft-robs-agriculture-of-at-least-r200m-in-

Kruger, C. (2025) AfriForum-lede vind byna R1 miljoen se gesteelde beeste. https://www.landbou.com/nuus/afriforum-lede-vind-byna-r1-miljoen-se-gesteelde-beeste-20250626-0471

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0