Min reën en warm weer bring uitdagende omstandighede vir wintergrane
^4CEDAF188750CA6029A50AACB9426E8854D91750D680CDC34A^pimgpsh_thumbnail_win_distr
| Graanprodusente in die Wes-Kaap het skade gelei weens onnatuurlike droë weerstoestande die jaar. Die seisoen het goed af- geskop maar sedert Junie het die seisoen ‘n draai na die verkeerde kant toe gemaak. Met min reën en warm weer het die oeste wegge- kwyn. Volgens die 3de oesskatting het die produksie van koring gedaal vanaf 1,86 miljoen ton in 2018 na 1,69 miljoen ton in 2019. Alhoewel daar meer hektare in die Wes-Kaap geplant is, het die produksie jaar-op-jaar met 208 000 ton gedaal. Dit is die 3de seisoen uit vyf produksiejare wat weens klimaat omstandighede nie gunstig verloop het nie. Die binnelandse produksie het ook baie belowend gelyk met die aanvang van die seisoen maar droë en warm toestande in Augustus en September het die opbrengste gedemp en reflekteer ook in die afwaartse aanpassing binne die oesskatting. Die daling in opbrengste plaas finansiële druk op produsente weens die prys wat op invoerpariteitvlakke nie hiervoor voorsiening maak nie. Die druk word verder verhoog gegewe die reeds hoë oorlaat skuldvlakke. Graan SA is baie bekommerd oor die finansiële posisie van produsente gegewe die impak van die droogte. In terme van garsproduksie heers groot kommer aangesien ‘n groot aantal van die gars wat gelewer is, nie moutgradering behaal nie en dus as voergraad bemark en benut moet word. Dit is direk gekoppel aan weersomstandighede wat ‘n invloed op gehalte gehad het. As die inname van moutgars onder huidige spesifikasies gaan daal is dit problematies vir produsente en gaan hul heelwat laer pryse ontvang vir die gars. Wel ‘n ligpunt vir die seisoen is die nuwe koring graderingspesifikasies wat deur die bedryf ingestel is. Binne die koringmark is ‘n groot aantal lewerings wat binne die nuwe supergraad spesifikasie val as gevolg van hoë proteïenvlakke, wat as ‘n gevolg, aan produsente 2% bo SAFEX-pryse op die koring laat verdien. Dit bied wel bietjie ondersteuning in die droë tydperk en Graan SA is dankbaar dat produsente dié voordeel wel kan benut. Die somerreënval streek se plant datum vir somergewasse het afgeskop in die ooste van die land sonder merkwaardige reënval om dit te ondersteun. Produsente hoop en vertrou dat die reën betyds sal kom om sodoende ‘n goeie seisoen met genoegsame produksie te ervaar. In terme van droogtes is daar minimale hulp uit befondsingstrukture wat graanprodusente spesifiek bystaan. Dit toon weereens hoe absoluut noodsaaklik hulp verkryging in terme van oesversekering vir produsente is, wat hul voortbestaan in die moeilike en uitdagende klimaatsiklusse sal kan verseker deur finansiële verpligtinge na te kan kom. Die tekort aan reën en die warm weer wat beleef is het groot teleurstelling vir produsente mee gebring. Alhoewel die omvang van die skade tussen gewasse en gebiede wissel en die opbrengspotensiaal beïnvloed is, hou produsente hulle koppe hoog met hoop in hulle harte vir die volgende seisoen. |
| Bron: Graan SA |