Categories: Artikels, Julie, Landboukalender, VeilingsPublished On: 31st July 2023

Milestone Beefmasters toon uitsonderlike gehalte Beefmasters op hulle 11de produksieveiling

By 1 min read
162 words

DSC_0254 – Copy

Groot opwinding het geheers by vanjaar se 11de produksieveiling wat deur Milestone Beefmasters aangebied is op 25 Julie 2023. Goeie pryse is behaal op die veiling, teler Johan Pretorius en kuddebestuurder Vanessa van Eden is baie ingenome met die uitstaande gehalte diere wat hulle uitgebring het vir die veiling en die goeie pryse wat behaal is.

Baie geluk aan die verkopers en kopers met ‘n suksesvolle veiling!

Die gemiddelde en hoogste pryse van die dag

Bulle

  • Top Beefmasterstoetbulle is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R82 500.00. Die duurste bul, Lot 4 (MS 20 305), word vir R220 000 verkoop aan Warwick Renders van Isha Beefmasters, Mooirivier.

Vroulike diere

  • Koeie en kalwers behaal ‘n gemiddeld van R 31 00.00
  • Dragtige stoetkoeie met kalwers (3-in1) behaal ‘n gemiddeld van R 43 571.00.
  • Dragtige stoetverse behaal ‘n gemiddeld van R 32 000.00.

Kommersiële diere

  • Kommersiële oop verse is verkoop teen ‘n gemiddeld van R 18 275.00.

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com

Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0