Milestone Beefmasters hou ‘n puik 10de produksieveiling

Milestone Beefmasters Logo – nuwe logo 2018
Milestone Beefmasters het Dinsdag die 26ste Julie hulle 10de Produksieveiling gehou te plaas Uitkyk Morgenzon, geleë in die Standerton-distrik, Mpumalanga
Johan Pretorius, eienaar van Milestone Beefmasters vertel meer oor die veiling: “Die produksieveiling was ‘n groot sukses en ongelooflik lekker met baie mense wat die geleentheid kom ondersteun het. Ons is trots op die diere wat ons aangebied het, en hoop hulle floreer, soos by ons, by die nuwe kopers.”

Die diere was in ‘n baie goeie kondisie. Die duurste bul, lot 8 was verkoop vir R460 000. Die gemiddelde prys op die bulle wat aangebied is, was R12 3750, die gemiddelde prys op die 30 geregistreerde koeie- en kalwers was R30 450, en die gemiddeld op 40 dragtige stoet verse was R31 890.
Baie geluk aan mnr. H.Roux, van Hanroux Boerdery, wat die duurste bul van die dag, Lot 8 van Milestone Beefmasters gekoop het. Hierdie bul het vir die prys van R460 000 gegaan.

Die veiling, wat sowel aanlyn as ‘n in-huis veiling plaasgevind het, is deur Billy Lyons (die afslaer) en BKB Standerton aangebied, en dit was besonder goed gedoen. Vanessa van Eerden, uitvoerende plaasbestuurderes van Milestone, is beslis trots op die diere wat van jaar op veiling was dat sy sommer die duurste koei- en kalf op die veiling gekoop het.

Vir meer inligting oor Milestone Beefmasters skakel vir Johan Pretoruis by +27 (0)83 441 5506, Vanessa van Eerden by +27 (0)79 298 7197 of stuur ‘n epos na admin@mylpaalboer.co.za. Besoek ook gerus hulle Facebookblad by www.facebook.com/mylpaal.