Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 17th June 2025

Mik na maksimum wins met nuwe mieliekultivars van Limagrain

By 3 min read
495 words

LG31.700RG

LG31.700RG

Vir die afgelope sestig jaar in die globale saadbedryf, dra Limagrain Field Seeds by tot verhoogde winsgewendheid op die plaas, asook volhoubare voedselsekerheid, sodat die volgende geslag jong boere ook suksesvol op die plase kan sake doen.

Limagrain Field Seeds se sukses word aangevuur deur die feit dat die koöperasie deur boere besit word, wat verstaan wat die uitdagings in die landbou is. Dit bring mee dat ons by Limagrain Field Seeds ook ons klante se behoeftes beter kan identifiseer en daaraan kan voldoen. Met ons multi-gewasportefeulje dra ons by tot ‘n holistiese produkaanbeveling vir elke plaas.

Met die ondersteuning van meer as sestig navorsingstasies wêreldwyd, is dit moontlik om die Suid-Afrikaanse mieliemark te bedien met toppresterende basters. Kultivars wat reeds naam gemaak het, sluit in die veelsydige KKS8410B2R, wat vir sowel kuilvoer as graan geplant word, die LG31.648BR-geelmielie wat in die koeler Oostelike produksiegebiede goeie opbrengste lewer, LG31.752BR, wat in die GraanSA-proewe die toppresteerder is (sien grafieke), asook die witmielies, LG31.747BR en LG31.753BR, wat uitsonderlik presteer in die Westelike produksiegebiede as gevolg van hulle goeie droogteverdraagsaamheid en meerkoppigheid.

Limagrain bou vanjaar voort op sy ongekende groei van die afgelope paar seisoene, deur die volgende nuwe mieliekultivars bekend te stel:

LG31.664BR

‘n Geelmielie wat aangepas is vir alle droëlandtoestande, van Kwazulu-Natal, tot die verre Weste. Hierdie mediumgroeiseisoen-kultivar lewer topopbrengste, met baie goeie graangehalte. In die afgelope drie jaar se navorsing- en ontwikkelingsproewe was dit die nommer een kultivar vir opbrengs. Die kultivar het ook ‘n goed gebalanseerde siektepakket. LG31.664BR se Roundup Ready weergawe, LG31.664R, is die perfekte kultivar vir die toevluggebied.

LG31.754BR

Hierdie geelmielie het in die afgelope drie jaar se navorsing- en ontwikkellingsproewe selfs beter presteer as LG31.752BR. Met dieselfde groeiklas as LG31.752BR, is dit die perfekte stalmaat vir LG31.664BR, om afwisseling in te bring vir risikoverspreiding. Die nie-GMO weergawe, LG31.754 en Roundup Ready weergawe, LG31.754R, is ook beskikbaar.

LG31.755BR

‘n Langgroei wit kultivar wat ontwikkel is vir die Westelike produksiegebiede. Hierdie kultivar het ‘n goeie siektepakket, met baie goeie graangehalte. Tydens die afgelope uiterste nat seisoen, was hierdie een van die min kultivars wat konstant goeie gehalte graan gelewer het. Met opbrengste wat LG31.747BR en LG31.753BR ewenaar, is dit beslis ‘n goeie opsie waar ‘n langer groeier vereis word, met uitsonderlike graangehalte. Hierdie kultivar is ook beskikbaar in ‘n Roundup Ready-weergawe, LG31.755R

Limagrain Field Seeds bied ‘n top mededingende mieliepakket aan die boer, wat help met diversifisering, risikobestuur en maksimalisering van wins. Hierdie produkte, tesame met die kundige advies van ons bekwame tegnies-landboukundige span, stel ons in staat om in elke behoefte van die boer te voorsien.

Kontak ons gerus op een van die volgende wyses:

Webwerf: www.lgseeds.co.za
E-pos: lgsainfo@limagrain.com
Telefoon: (+27)82-824-5442
WhatsApp: (+27)82-824-5442

Of laai Limagrain se produkkatalogus af deur die kode af te tas:

Volg Limagrain op sosiale media:

Facebook

Instagram

LinkedIn 

Youtube

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0