Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 19th February 2020

Merke, Gereed, Baal!

By 2 min read
268 words

resies 1

’n Boer se werk is nooit klaar nie. Daar is nooit genoeg ure in die dag om alles klaar te maak wat moet klaar wees nie en alle take moet tydig afgehandel word want die natuur wag vir niemand nie. Daarom kies die wyse boer toerusting wat vinnig, doeltreffend en betroubaar werk.

Valtrac en Farmboek het so flussies die tweede balerresies aangebied waar boere self kon kom kyk watter baalmasjien vir hulle die beste sal werk. Net rondebalers kon aan die “Farmboek Baler Challenge” deelneem en daar was twee afdelings: vastekamer- en veranderlikekamer-balers. Besoekers kon na hartelus demonstrasies bekyk, vrae vra en smul aan die heerlike eetgoed wat die NG Kerk Vredefort voorsien het.

Die wenners was die CLAAS Rollant 520 RF in die afdeling vir vastekamerbalers en die Krone Varipack in die afdeling vir veranderlikekamerbalers. Die kompetisie is beoordeel deur nie net te kyk na die spoed waarteen die balers baal nie, maar ook deur die ton per uur te meet. Daarom is elke baal na die resies geweeg en die gewig van die bale saam met die spoed in berekening gebring.

Die CLAAS Rollant 520 RF staan voor die resies met al die kante gelig sodat boere dit behoorlik kan bekyk.
Die naaswenner in albei afdelings was Kuhn-balers.Hierdie Kuhn FB 3130 van Valtrac het die tweede plek verower in die vastekamer-afdeling.
Die derde plek van die vastekamer-afdeling is deur die John Deere F441M verower.
Die Krone Komprima V180 (3de plek veranderlikekamer-baler) is wel beskikbaar.
Boere gaan ongelukkig nog ’n hele jaar moet wag voordat die wenner van die veranderlikekamer-afdeling, die Krone Varipack, in Suid-Afrika beskikbaar sal wees.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0