Melkplaas in die Middellande maak staat op Massey Ferguson

Local Stubbs dairy farm operation in KwaZulu-Natal
Die indrukwekkende Stubbs-suiwelplaas in KwaZulu- Natal maak staat op Massey Ferguson vir trekkerkrag.
՚n Melkplaas in KwaZulu-Natal meet nou die waarde van hulle besluit om by die Massey Ferguson-familie aan te sluit in rand en sent danksy die kostedoeltreffendheid en wye toepassing van die trekkerreeks. Nick Stubbs en sy pa, René, boer al vir baie jare in die Middellande, waar hulle uitdagings soos stygende rentekoerse en hoë bedryfs-en insetkoste die hoof moet bied.
Die melkery plant mielies, raaigras, Midland-mengsel en kikoejoe vir voer vir die kudde, verduidelik Nick, hoofbestuurder van Stubbs Farming Partnership. Die jongste ontwikkeling is om te diversifiseer en die winsgewende avokadobeen van die boerdery uit te brei.
Nick hou ՚n kudde van sowat 2 500 tot 3 000 Holstein-koeie in stand, hoofsaaklik met Amerikaanse genetika. Die groter koeie produseer meer melk en Nick se doel is om ՚n dier te teel met die hoogste moontlike genetiese potensiaal vir funksionaliteit en wat ook die strawwe en vogtige KwaZulu-Natalse toestande kan verdra. “Ons mikpunt is vir hoë insette en uitset. Ons teel ՚n dier wat omtrent 550 kg weeg, wat ons ՚n 8 000 liter-laktasie gee,” sê Nick.
“Met veevoer teen ՚n premie, is ons grootste uitdaging om ՚n balans te probeer vind tussen die gebruik van duur voer om produksie te jaag, teen-oor die voer van weidingsgrasse wat ons produksie meer bekostigbaar maak en dus sorg vir meer geld in die sak,” sê Nick. Hy verkoop die melk aan ՚n vooraanstaande private suiwelonderneming in Mount West wat dit verwerk tot ՚n reeks suiwelprodukte.
Die MF Global-trekkerreeks (MF 4700, 5700 en 6700) is bekend vir sy veelsydigheid om baie verskillende take op enige plaas te verrig. Op die melkplaas word die Global-reeks van 60 tot 98 kW veral ingespan vir laaiwerk. Hierdie trekkers laai alles van kuilvoer en bale tot kunsmis en kalk, tel klippe op, sny weiding en sorg vir die brandpaaie.
Die MF 6711 (83 kW) verskaf genoeg krag om van die swaarder voerwaens te sleep, en die trekker se bekostigbaarheid het gelei tot die grootskaalse ingebruikneming van die MF-trekkerreeks in die Stubbs-onderneming. “Dit het ons staatmaker-trekker geword,” verduidelik Nick.

Trekkers en tegnologie in ՚n suiweltoepassing
Die MF 6711-presisietrekker word gebruik vir presisiewerk soos die strooi van kunsmis en kalk op weidings. Die hoër perdekrag MF 7614- en MF 7615-trekkers met presisierigtingstoerusting word vir die groter take gebruik.
Nick sê die skuif na MF by die Nottingham Road-operasie het gepaard gegaan met die oorskakeling na Trimble-tegnologie. “Ek dink die gebruikersplatform is baie makliker vir operateurs om te verstaan, want dit is soortgelyk aan die gebruik van ՚n selfoon.” Dit maak dit ook makliker vir plaaswerkers met minder formele opleiding om vinnig by die jongste tegnologie aan te pas.
Nog ՚n groot voordeel van MF is sy ekonomiese brandstofverbruik. Dit word bereik met noukeurige ontwerp en vervaardiging by die MF-fabrieke wêreldwyd. Met die prys van brandstof wat maandeliks styg, wil boere ՚n trekker hê wat min verbruik met hoë uitsette soos wringkrag teen lae omwentelings per minuut vir kostebesparing.
Nick sê slim boerderytegnieke soos gereelde monsterneming van die grond in alle lande help hom om te bepaal waar en hoeveel regstellende toediening van kunsmis en kalk nodig is vir beter gewasproduksie, wat dan melkproduksie verbeter. Die gebruik van al die beskikbare tegnologieë, van trekkers tot grond- en dierebestuur, lei daartoe dat die Stubbs-onderneming suksesvol bedryf word.

Net so belangrik soos die MF-trekkers met hulle tegnologie en voordele, is die ondersteuning en rugsteundiens wat Nick van sy plaaslike MF-handelaar ontvang. Andrew Nicholson, bestuurder van die Massey Ferguson-trekkerhandelaar, Farm Maintenance Services (FMS) in Pietermaritzburg, sê kliëntediens is uiters belangrik.
“Vyf jaar gelede het ek daarin geslaag om Nick te oortuig om sy eerste MF-trekkers te koop en ek is bly om te sê daar is vandag nie een trekker op sy plaas wat nie ՚n rooi een is nie.”
“Dit was ՚n maklike besluit vir ons om die res van ons vloot na MF om te skakel,” beklemtoon Nick. “Ons was sterk ondersteuners van ՚n ander handelsmerk, maar MF se betroubaarheid het ons beïndruk nadat ons oorgeskakel het. Dit kan die werk doen en is bekostigbaar, en dit is waarom ons gaan aanhou om Massey Ferguson te koop.”
Nick voeg by dat Stubbs inderwaarheid in vennootskap met FMS staan. “Ons weet as ՚n trekker vir enige tydperk nie gaan werk nie, daar ՚n vervangingseenheid sal wees om ons aan die gang te hou,” sê Nick. “Produktiwiteit is nommer een. Ons hou nie trekkers aan vir bystand nie, maar die wiele moet aanhou rol. Ons kan geen staantyd bekostig nie.”

Die wete dat Andrew en sy span op ՚n oomblik se kennisgewing by Stubbs kan wees vir versiening of herstelwerk, gee Nick gemoedsrus en laat hom toe om op sy boerdery en melkerybedrywighede te fokus. Hy voeg by dat die kombinasie van MF-tegnologie en handelaarondersteuning uiteindelik sorg vir ՚n hoë opbrengs op belegging.
Andrew sluit af: “Dit gaan nie oor hoeveel dit kos om ՚n nuwe trekker te koop nie. Dit gaan ook nie oor hoeveel dit kos om ՚n 1 000-uur versiening op ՚n trekker te doen nie. Waarvan dit eintlik afhang, is hoeveel die trekker of werktuig jou oor sy werkstyd van 8 000 of 10 000 uur kos, of hoe lank die lewensiklus ook al bedoel is om te wees. Ons werk nou saam met Nick om die lewensiklus van al sy MF-toerusting te optimaliseer, wat verseker dat hy die maksimum voordeel uit sy MF-vloot kry vir meer wins uiteindelik.”
Massey Ferguson, ՚n wêreldwye handelsmerk van AGCO, bied vanjaar ՚n vars voorkoms vir sy ikoniese driehoek-embleem en ՚n nuwe ‘Born to Farm‘-handelsmerkidentiteit ter viering van sy 175ste bestaansjaar. MF het sedert sy ontstaan aan boere regoor die wêreld eenvoudige en betroubare werktuie gebied. Min wêreldhandelsmerke kan aanspraak maak op so ՚n blywende impak in die landboubedryf.

Andrew Nicholson
Sel: (+27) 82-495-6276 | Tel: (+27) 33-342-2472 | E-pos: andrew@fms.org.za | Eenheid E2, Willowood Park, Du Toit Viljoenstraat 21, Willowton, Pietermaritzburg, 3201
Cornie Tosen, Verkoopbestuurder
Sel: (+27) 83-260-0215 | Tel: (+27) 33-342-2472 | E-pos: cornie@fms.org.za.
Besoek ons webtuiste, www.masseyferguson.com, of e-pos africasales@agcocorp.com.
