Categories: Artikels, Meganisasie, TrekkersPublished On: 10th February 2023

Massey Ferguson: Meganisasie wat ekonomies sin maak

By 6 min read
1080 words

Reblex_Agco_wiggill-4

Massey Ferguson-trekkers bied drie belangrike voordele aan die boer: uitstekende brandstofverbruik, tegnologies gevorderde werksverrigting en naverkopediens wat werklike verhoudings bou. Dit is juis waarom boere soos die Wiggill-familie weer en weer op dié rooi werktuie staatmaak.

Cliffed Wiggill boer saam met sy pa, Clive, tussen Vivo en Alldays in die verre noorde van die land. Daar boer hulle met aartappels en botterskorsies wat hulle aan twee van die groot kettingwinkelgroepe voorsien. Cliffed se vrou, Theressa, behartig die plaas se geldsake.

Clive en sy vrou Marietjie het in 1992 die plaas gekoop. Aanvanklik was dit net ՚n beesplaas, maar hulle het dit stadigaan uitgebrei om gewasse in te sluit. Hulle het ook ՚n klein wildafdeling. Daar woon nou drie geslagte op die plaas.

“Ek is bevoorreg dat ek op die plaas kon grootword,” vertel Cliffed. “Dit is ՚n voorreg om naby aan die natuur te wees en blootgestel te word daaraan.” Deesdae bestuur hy grotendeels die boerdery aangesien sy pa, wat nou in sy sewentigs is, begin afskaal.

“Die ouderdom het my nou begin inhaal,” sê Clive. “So, my seun is besig om oor te neem. Ek is net ՚n helpende hand vir hom om raad te gee.”

Clive en Cliffed Wiggill, pa en seun, boer naby Alldays in die verre noorde van die land. Met Massey Ferguson as vennoot is die sukses van hulle aartappelboerdery moontlik.

Massey Ferguson-mense al die pad

Die pad wat die Wiggill-familie saam met Massey Ferguson stap, is ՚n lang een — vanaf die eerste Massey Ferguson 135 wat aan die begin tamaties help aanry het, tot nou waar daar verskeie mooi rooi trekkers op die werf is.

Cliffed-hulle plant ongeveer 300 hektaar aartappels onder besproeiing; drie keer per jaar. Botterskorsies word in die somer vanaf Desember tot Maart geplant. Elke vier tot vyf jaar word die aartappels afgewissel met sorghum.

Die MF 7720 word gebruik om riwwe te vorm vir die aartappels.

Om dit alles moontlik te maak benodig die boerdery betroubare werktuie wat hard kan werk en min brandstof gebruik. Die Massey Ferguson-trekkers doen hoofsaaklik grondvoorbereiding. Daar is twee MF 8737-trekkers.

“Wanneer ons grondvoorbereiding doen, sleep die een ՚n skeurploeg. Die ander een loop agterna met die hoëspoed dis,” verduidelik Cliffed. “Dan het ons ook ՚n MF 7720 wat die saadbed vorm vir die aartappels. Die MF 6711R word gebruik om die aartappels en botterskorsies te plant.” Vir die aartappels gebruik hulle ՚n Grimme 3-ry planter en vir die ander gewasse ՚n MF 555-saadboorplanter.

“Die grotes (MF 8737’s) is vir ons baie ekonomies. Die brandstofverbruik is puik,”

sê Clive.
Of dit nou tyd vir ploeg of oes is, die MF 8737 is die hele jaar hard aan die werk op die aartappellanderye.

“Die MF 7720 is geoptimaliseer vir die saadbedvorming deur MF Connect te gebruik en al die trekkers is deurlopend brandstofdoeltreffend,” brei Cliffed uit. “Vir my is Massey Ferguson die beste waarde vir geld,” noem hy. “Eerstens, die MF 8737 is ՚n groot trekker van 370 perdekrag, so nie elke vervaardiger het ՚n trekker van daardie kaliber nie. Nie elke vervaardiger bied ook, soos Massey Ferguson, die gehalte werktuig binne ՚n bekostigbare prysklas nie. Daarom bied dié trekkers waarde vir geld. Dit is ook tegnologies goed gevorder.”

Vir die Wiggill-manne is dit duidelik dat Massey Ferguson van krag tot krag groei. “Hulle trekkers word heeltyd uitgebrei en hulle ontwikkel konstant nuwe tegnologie,” voeg Cliffed by.

Die resultaat van die gevorderde MF-tegnologie is sigbaar in hulle boerderypraktyke.

Tractor Field Service se span toegewyde mense lewer eersteklas diens — van verkope tot lank na die tyd.

“In my tyd het ons nie al hierdie tegnologie gehad nie,” onthou Clive. “Maar die jonger geslag het grootgeword met die goed. ՚n Mens moenie agterbly in boerdery nie, jy moet byhou met tegnologiese verwikkelinge, want dit maak die boerderybestuur net makliker vir jou.”

Volgens Clive is dit moeilik om in te haal as jy eers tred verloor het met tegnologiese vooruitgang in boerdery.

Die Wiggill-boere het ook al ander soorte trekkers aangeskaf en daarmee gewerk, maar nou kan hulle werklik sê Massey Ferguson is perfek vir hulle boerdery se behoeftes.

Tractor Field Services tot jou diens met Massey Ferguson

Tractor Field Services (TFS) is die noordelikste trekkerhandelaar in Suid-Afrika, gesetel in Louis Trichardt. Hierdie handelaar bedien die noorde van Limpopo wat ook die Wiggill-gesin se boerdery insluit. Daar is tans vier werktuigkundiges in diens. TFS bied ook operateursopleiding aan.

George Fogwell senior, eienaar van Tractor Field Service, saam met sy seun, George junior, wat nou die leisels begin oorneem by die onderneming.

George Fogwell senior, eienaar van TFS, stap al ՚n lang pad saam met Wiggill-boerdery. Hy versien Clive se trekkers reeds van voor TFS se ontstaan. “Toe Clive nog MF 165- en 135-trekkers gehad het, het ek dit vir
hom reggemaak. Dit was in 1994,” vertel George senior.

Sy seun, George Fogwell junior, het ook betrokke geraak by die onderneming en staan deesdae sy pa se skoene vol. “My pa het my geleer diens is alles-nie trekkerverkope nie. Want diens bring respek van die kliënt en as ՚n man sien jy werk hard om hom tevrede te stel en sy toerusting in ՚n goeie toestand te hou, bring dit vir hom vreugde. Dan gaan hy aanhou om jou diens te gebruik. Die moeite wat jy insit bou die verhouding.”

Cliffed beaam dat puik kliëntediens en goeie menseverhoudings handaan-hand loop. “Daar is George baie goed; ek kan nie vir beter wens nie. Sy naverkopediens is altyd uit die boonste rakke. Jy kan hom tot op ՚n Saterdag bel en hy antwoord sy telefoon.”

Clive glo die belangrikste deel van ՚n trekker aanskaf is om ՚n fabrikaat te kies wie se naverkopediens van net soveel gehalte spreek as die meganiese vakmanskap. “Die nadiens is belangriker as die produk,” brei hy uit. Die produk moet goed wees, maar sonder goeie nadiens kan jy nie vooruit boer nie.

“Clive is nougeset op gehalte,” getuig George senior ook. “Alles, van trokke tot trekkers, werk soos klokslag op sy plaas,” vertel hy. Dit is te verstaan dat die Wiggill-boerdery en TFS pasmaats in landbou is.

In die toekoms wil die Wiggill-familie verder vooruitboer, verder moderniseer, verder uitbrei en meer produktief boer en TFS en Massey Ferguson is sonder twyfel aan hulle sy!

Kyk hierdie video op YouTube
Skandeer QR-kode met jou foon

Kontak Tractor Field Service by (+27)83-415-3076, of stuur ՚n e-pos aan masseyfergusonltt@gmail.com. Jy kan ook hulle webtuiste besoek by www.tractorfieldservices.co.za.

Spoor jou naaste Massey Fergusonhandelaar op deur die webtuiste te
besoek by www.masseyferguson.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0