Maak jou veeboerdery maklik met Steel Tube and Pipe se krale

178408527_503617571050838_5125655705915884530_n
‘n Mens kan Steel Tube and Pipe se verskuifbare beeskrale net op een manier beskryf: bulsterk!
Die maatskappy het aan alles gedink wanneer dit kom by die veilige hantering van jou beeste. Benewens beeskraalpanele vervaardig hulle ook selflaaiers, baalringe, weegkratte, lyfklampe, nekklampe, laaibanke en vele meer.
Steel Tube and Pipe is al vir langer as sewe jaar in die bedryf en hulle span boer ook self. Dit beteken dat al die onderneming se produkte eers deeglik op hulle eie plase getoets word voordat hulle dit begin vervaardig en aan boere verskaf.
Die regte beeskraal vir jou boerdery
‘n Beeskraal moet nie net sterk wees nie, hy moet ook maklik geskuif kan word en vir baie jare hou sodat jou beesboerdery altyd ‘n plesier bly. Met die regte kraal het jy beheer oor jou diere sodat jy maklik op enige plek met hulle kan werk.
Dit is presies wat Steel Tube and Pipe se beeskraalpanele lewer.

Jy kan kies tussen ‘n 1,6 mm, 2 mm en 3 mm wanddikte en panele van 1,6 of 1,8 meter hoog.
‘n Rekenaarbeheerde (CNC) plasmasnyer word gebruik om gate van die regte grootte op presies die regte plekke in die hoofraam te sny waar die dwarssparre inpas. Dit maak die panele sterker en daar is minder sweiswerk.
Hulle staal word met ‘n beskermende onderlaag bedek en indien die boer verdere verfwerk verlang, kan dit as ‘n ekstra koste op die faktuur aangebring word.
Hulle bring die kraal na jou toe
Steel Tube and Pipe lewer regoor die land af, met die uitsluiting van die Oos- en Wes-Kaap en verskaf aan beide klein- en grootskaalse boere.

Stuur jou beeste sonder moeite in die regte koers met hierdie vryswaaiende hek.
Om meer te leer oor hulle beeskraalpanele en ook ander toerusting wat hulle beskikbaar het stuur gerus ‘n e-pos na sales@steeltubeprofiles.co.za, skakel 072-879-4871, of besoek hulle Facebook-blad, Steel Tube and Pipe Profiles, of webwerf https://steeltubeprofiles.co.za.
Hi.
I need to know how long is your movable pennels?
Hi Dieter!
Please contact sales@steeltubeprofiles.co.za, 072-879-4871, or http://www.steeltubeprofiles.co.za with your enquiry.
Kind regards – Editorial