Maai die verantwoordelikheid wat jy saai: Hoe nakoming die toekoms van Suid-Afrikaanse landbou bevorder

2 InteliGro Spray clinics compliance
InteliGro se spuitklinieke op plase bied praktiese opleiding in nakoming.
Ter herdenking van Wêrelddag vir Werksveiligheid en -gesondheid op 28 April, beklemtoon InteliGro ’n kernboodskap: Nakoming in landbou gaan nie meer net oor wetgewing nie – dit is ’n strategiese, etiese én omgewingsverantwoordelikheid.
As ’n toonaangewende verskaffer van geïntegreerde gewasoplossings, werk InteliGro doelgerig daaraan om groter bewustheid van nakoming regdeur die landbousektor te bevorder. Dié maatskappy help produsente, Gewas Adviseurs én landboubesighede om ‘n kultuur van verantwoordelikheid te vestig waarin nakoming ‘n daaglikse praktyk word, eerder as net ‘n móét.
“InteliGro wil die standaard stel vir verantwoordelike, toekomsgerigte boerdery,” sê Stefan van Dyk, Algemene Bestuurder van InteliGro Noord. “Daarom belê ons in opleiding en gesprekke oor wat nakoming werklik beteken en waarom dit saak maak.”
MEER AS NET WETLIKE VEREISTES
Van Dyk sê nakoming behels veel meer as reëls en regulasies – dit gaan oor doen wat reg is. Elke aspek van nakoming in landbou, van produkhantering en -berging tot werkerveiligheid en omgewingsbestuur, word gereguleer om mense sowel as die omgewing te beskerm.
“Nakoming kan kompleks wees,” sê hy, “maar wanneer dit gaan oor voedselveiligheid, omgewingsbewaring en die welsyn van werkers én verbruikers, is dit nie ’n luukse nie, maar ‘n noodsaaklike vereiste. Nakoming behels die bou van ‘n stelsel wat elke rolspeler betrek, van Gewas Adviseurs en vervaardigers tot verspreiders en veral die boer en sy span op die plaas.”
BOU ’N KULTUUR VAN NAKOMING
InteliGro se benadering is om méér te doen as net die minimum. Die maatskappy werk nou met CropLife Suid-Afrika en ander wetgewende instellings saam om te verseker dat hul praktyke ooreenstem met kernwetgewing soos:
- Die Wet op Misstowwe, Veevoere, Landbou- en Veemiddels (Wet 36 van 1947)
- Die Wet op Gevaarlike Stowwe (Wet 15 van 1973)
- Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (Wet 85 van 1993)
- en relevante omgewingswetgewing, insluitend SANS 10206, wat handel oor die veilige hantering en wegdoening van plaagdoders.
“Ons Gewas Adviseurs is op plaasvlak betrokke,” sê Janet Lawless, Nasionale Bemarkingsbestuurder by InteliGro. “Boere vertrou hulle, en hierdie vertroue beteken dat ons ondersteuning en leiding kan gee wat werklik ’n verskil maak, veral wanneer dit kom by veiligheid en volhoubaarheid.”
“Deur gestruktureerde risiko- en nakomingsondersteuning voorsien InteliGro die volgende op plaasvlak:
- Regulerende leiding en opleiding: Praktiese ondersteuning om te voldoen aan Wet 36, GHS (Globally Harmonized System of Classification and Labelling of Chemicals) standaarde en produkte met beperkte gebruik, via PCO (plaagbeheer operateur) registrasie en deurlopende opdaterings.
- Rentmeesterskapopleiding: Sessies en spuitklinieke op plase met ‘n fokus op korrekte toediening, etiketnakoming en veiligheidsprotokolle.
- Afvalbestuur: Gesertifiseerde programme vir die wegdoening van vervalde chemikalieë en drie-keer-gespoelde leë houers, in ooreenstemming met CropLife SA en GlobalG.A.P. (Good Agricultural Practices) vereistes.
- Dokumentasie- en ouditondersteuning: Template, sertifikate en advieshulpmiddels om produsente te help met naspeurbaarheid en ouditgereedheid.”

Gratis plakkate oor nakoming op InteliGro se webwerf en sosiale media help om die regte boodskap op die regte plekke uit te dra.
HOEKOM DIT SAAK MAAK
Die gevolge van nie-nakoming is ernstig: Van regsimplikasies en skade aan ‘n maatskappy se reputasie tot onderbreking in produksie en verhoogde omgewingsrisiko’s. Daarteenoor vestig ondernemings wat nakoming ernstig opneem hulself as betroubare, vooruitdenkende en veerkragtige leiers in die sektor.
“Nakoming weerspieël ‘n belangrike deel van jou onderneming,” sê Lawless. “Dit beïnvloed hoe jy mense en hulpbronne bestuur, asook hoe jou handelsmerk deur die publiek beskou word. Dit is dus ’n belegging in jou besigheid én in die toekoms.”

InteliGro se Gewas Adviseurs speel ’n sleutelrol in opleiding en ondersteuning rondom nakoming op plase. Van links is Johan Viljoen, Bernard Haggard, Etienne Aucamp (Senior Gewas Adviseur) en Willem Coetzer.
‘N LANDBOUSEKTOR VIR DIE TOEKOMS
InteliGro bly toegewyd daaraan om kliënte en vennote te help om sin te maak van ‘n wêreld waarin wetgewing voortdurend verander terwyl hulle ook saam bou aan ’n volhoubare, mededingende landbousektor.
“Die boodskap is eenvoudig: Nakoming is nie ’n las nie – dit is ’n geleentheid,” sê Van Dyk. “Dit gaan oor die beskerming van mense, die bewaring van ons omgewing, en die voortbestaan van ’n verantwoordelike landbousektor waarop toekomstige geslagte kan bou.”
- Stefan van Dyk, Algemene Bestuurder, InteliGro Noord
- Janet Lawless, Bemarkingsbestuurder, InteliGro
Die belangrikste wetgewing om van kennis te neem:
(Verskaf deur Croplife Suid-Afrika)
- Wet op Misstowwe, Veevoere, Landbou- en Veemiddels, 1947 (Wet 36 van 1947)
- Wet op Gevaarlike Stowwe, 1973 (Wet 15 van 1973)
- Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993)
- SANS 10206: Hantering, berging en wegdoening van plaagdoders
- Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (Wet 107 van 1998)
- Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afvalbestuur, 2008 (Wet 59 van 2008)
- Wet op Padverkeersbestuur, 1996 (Wet 93 van 1996)
Uitgereik deur: InteliGro

