Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 5th October 2023

LumiGEN® Saadbehandelings: Gebou met Pioneer-genetika sodat jy die vrugte kan pluk

By 2 min read

Screenshot-2023-05-29-115239

Saadbehandelings waarop jy kan reken

Wanneer jy ‘n saadbehandelingspakket kies, is dit met die doel om ‘n suksesvolle seisoen te verseker. In ruil vir jou kopie, moet jy die versekering hê dat daardie saadbehandeling goed sal presteer en dat dit die genetika wat jy aanplant, sal aanvul.

LumiGEN®-saadbehandelings is ontwerp, getoets en bewys om saam met Pioneer®-genetika te werk sodat boere nóg meer vertroue in hulle saadbehandelingsopsies kan geniet.

Ontwerp met ons genetika in gedagte

Jy het in uitstaande Pioneer®-genetika vir jou lande belê. Nou is dit ons werk om daardie genetika se prestasiepotensiaal te beskerm.

LumiGEN®-saadbehandeling is gemik op:

• Plantgemak

• Koueverdraagsaamheid

• Standvestiging

• Saadplasing

• Vroeë groeikrag

Ons evalueer honderde produkkonsepkombinasies om uiteindelik die regte saadbehandelingsformulasies vir ons genetikareekse te ontwikkel. Hierdie kombinasies word jaarliks in laboratoriums, kweekhuise en plaasproewe geëvalueer. Ons saadbehandelingsproses maak jaarliks staat op nagenoeg 30 000 navorsingspersele.

Geverifieer met ons genetika

LumiGEN-saadbehandelings kapitaliseer op meer as 100 jaar se gewasproduksiekennis, tesame met ‘n goeie begrip vir produsente se behoeftes en boerderymetodes.

Ons saadbehandelingskombinasies is met groot sorg by die Corteva Agriscience Center of Seed Applied Technologies geëvalueer. Hierdie fasiliteit bied ‘n alles-in-een oplossing as laboratorium, toetssentrum en saadbehandelingsfasiliteit. Hier word saadbehandelings in ons eksklusiewe ses-stap PASSER-proses hersien.

Net saad wat hierdie strawwe toets deurstaan, ontvang die LumiGEN-merk van sekerheid.

Getoets op die land, op ons genetika

Ons behandelde saad word via ons veldtoetsnetwerk deur kwekers geëvalueer. Plaastoetse word elke jaar in meer as 60 000 saadplot-evaluasies met ons grootskaalse IMPACT™ -toetsprogram geëvalueer. Hierdie toetse verseker dat LumiGEN®-saadbehandelings werk, maak nie saak watter Pioneer®-basters of -variëteite jy plant nie.

Ons uitgebreide evaluasieproses beteken ook dat saadbehandelings die LumiGEN-seël van sekerheid ontvang. Dit spreek van verantwoordelike landboupraktyke, verminderde blootstelling aan ongeteikende spesies en die omgewing, en bystand aan produsente om die hoeveelheid aktiewe bestanddele wat op hulle lande aangewend word, te verminder.

Praat met jou Pioneer-verkoopsverteenwoordiger vir meer inligting oor LumiGEN®-saadbehandelings en opsies om jou saad hierdie seisoen te beskerm.

Vir meer inligting, besoek Pioneer se webwerf by https://www.pioneer.com/za of stuur ՚n e-pos na info.rsa@pioneer.com

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment