Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 30th April 2025

Limpopo Bonsmara-klub se veiling beloof top genetika – 9 Mei by Mockford Farms

By 3 min read
562 words

limpopo FB_IMG_1745995745967

Met bykans vyf dekades se toewyding aan genetiese uitnemendheid, staan die Limpopo Bonsmara-klub vandag sterker as ooit. Op Vrydag, 9 Mei 2025 om 11:00, nooi dié klub alle kommersiële en stoettelers hartlik uit na hulle jaarlikse veiling wat plaasvind te Mockford Farms net buite Polokwane – ‘n Bonsmara-veiling wat beloof om nie net genetiese waarde te bied nie, maar ook die ware hart van saamstaan in die bedryf te wys.

“Ons beleef tans ‘n besonderse golf van belangstelling – 2024 was merkwaardig, maar 2025 se momentum oortref dit reeds,” vertel Magda Wentzel, dinamiese sekretaris van die klub.

Lede van verskillende liggings – maar met een doelwit

Die klub se 17 lede – ses stoettelers en twaalf kommersiële telers – strek van Musina tot anderkant Gravelotte. Die genetiese diversiteit en geografiese verspreiding maak van die Limpopo Bonsmara-klub ‘n unieke fokuspunt vir genetika wat wyd kan aanpas – onder meer teen hartwater, rooiwater en galsiekte.

Lede van die Limpopo Bonsmaraklub sluit in:

Die kommersiële lede van die klub is:

  • Bonsmit Boerdery
  • LC Spitskop Boerdery
  • Dian Venter
  • Ebas Boerdery
  • Bosbult Bonsmaras
  • Gold Creek
  • Beefridge Bonsmara
  • Kalkbult Randjie Boerdery
  • Mazunga Boerdery
  • AB Boerdery
  • Neustadt Boerdery
  • Onverwacht Boerdery

Die stoetlede van die klub is:

  • Bristow Bonsmara
  • JD Venter Boerdery
  • Mockfords Bonsmara
  • Wenberg Bonsmara (stoet en kommersiëel)
  • Estment Farming (Stoet en kommersiëel)
  • Eendracht Bonsmaras

Gehalte kry vlerke danksy samewerking en streng seleksie

Volgens JD Venter, voorsitter van die Limpopo Bonsmaraklub, is die geheim agter die sukses geen geheime formule nie – dit is eenvoudig die vrug van toewyding, eerlike teling en volgehoue leer. “Ons lede verstaan dat dit nie net oor ‘n mooi dier gaan nie – dit gaan oor funksionaliteit, aanpasbaarheid en winsgewendheid.”

Elke jaar, twee maande voor die veiling, word ‘n deeglike keuringsproses ingestel waar elke kudde onder die vergrootglas kom. In 2024 het Danie Olivier – bekende Bonsmara-kenner en voormalige raadslid van Bonsmara SA – hierdie keuringsproses gelei. Dié proses bring nie net strenger standaarde nie, maar dien ook as ‘n leerskool vir lede wat hul kuddes voortdurend wil verbeter.

Silwer rand in elke uitdaging

Hoewel hierdie streng keuringsproses vir sommige telers ‘n harde les was, het dit vrugte afgewerp. JD deel: “Baie moes afstand doen van sekere diere, maar dié wat deurgedruk het, is later met toppryse beloon.” Dié prestasie bevestig dat sinvolle teling oor tyd altyd beloon word.

Die 2025-veiling gaan nie net voortbou op dié sukses nie – dit gaan dit oortref. Diere wat verlede jaar teruggehou is, is vanjaar gereed vir aanbieding. Kopers kan uitsien na ‘n veiling waar topdiere met bewese prestasie en genetika op die spel is.

Geslote kuddes en biosekuriteit skep vertroue

Magda vertel dat biosekuriteit ‘n topprioriteit vir die groep bly. “Ons werk met hoofsaaklik geslote kuddes, en die risiko van siekteoordrag is dus baie laag. Maar ons los niks aan toeval oor nie.” Alle voertuie sal ontsmet word, en besoekers moet hulle skoene in ‘n voetbad ontsmet voor hulle toegang verkry. Dié streng maatreëls is nie ‘n hindernis nie – dis ‘n waarborg van vertroue.

Mis dit nie!

Maak seker jy is op 9 Mei 2025 om 11:00 by Mockford Farms, Polokwane. Kom beleef hoe passie, ervaring en genetiese vooruitgang hande vat in een van die mees gerespekteerde klubveilings in die land. Die veiling word ook aanlyn deur SwiftVee aangebied. Regesistreer en bie aanlyn hier.

Vir enige navrae kontak vir Magda Wentzel by 083-680-7185 of JD Venter by 079-129-7006. Besigtig die veiling op Agri4all.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0