Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 11th July 2022

Limagrain Zaad SA: Oplossings deur boere vir boere

By 3 min read

Screenshot-2022-07-11-121703-2

Die span van Limagrain Zaad SA by NAMPO.

“Limagrain is nie ՚n gewone saadmaatskappy nie; dit is eintlik ՚n koöperasie wat besit word deur 1 500 boere in Frankryk,” sê Eugene Muller, besturende direkteur van Limagrain Zaad SA, wat nou twee jaar lank in Suid-Afrika woeker. “Limagrain bestaan uit boere wat oplossings vind vir boere.”

Limagrain Zaad SA is saamgestel uit drie bekende rolspelers in die saadbedryf:

Limagrain

՚n Franse koöperasie wat nou al vyftig jaar in Frankryk saad lewer. Dit is die vierde grootste saadmaatskappy in die wêreld en was voorheen as Link Seed in Suid-Afrika bedrywig. Die produkte word onder die LG-handelsmerk verkoop.

Zaad

Zaad is ՚n landboubeleggingsgroep in Suid-Afrika, wat deel is van PSG. Boere sal die handelsmerk, K2, herken. K2- produkte is vroeër deur Klein Karoo Saadbemarking versprei.

Seed Co

Seed Co is die grootste saadmaatskappy in Afrika en hulle produkte word deur verskillende kanale in verskillende lande versprei.

Met die trio se kennis en produkte in een mandjie kan boere steun op ՚n volledige pakket saad vanaf mielies, koring, sojabone en sonneblom, tot weidingsgewasse vir dierevoer.

Limagrain Zaad SA wil aan boere die gemoedsrus gee dat al hulle saadbehoeftes behoorlik hanteer word sodat hulle die belangrike dinge in die lewe kan geniet.

Die multigewasbenadering verskaf ՚n eenstopdiens aan boere en Limagrain Zaad is reeds ՚n voorloper in die plaaslike weidingsaadmark met ՚n 20% markaandeel. Die maatskappy beoog om uiteindelik minstens 10% van die bastermieliemark en 15% van die eindpunt-tantieme (EPR) markte te bedien met hulle eie genetika.

Eugene sê dit is lekker om vir die eerste keer in drie jaar terug te wees by NAMPO, maar die tyd het die nuwe maatskappy ook die geleentheid gegee om hulle produkreeks te vestig, sodat hulle by NAMPO die mandjie aan boere kon wys.

“Ons het dit geniet om aan boere te kan wys waarheen ons op pad is en hoe ons hulle kan ondersteun as graanboere, veeboere of ՚n mengsel van albei.”

Hy sê hulle doel is om ՚n verskil te maak op die plaas: “’n Boer moet gerus wees hy het dit wat hy nodig het vir aanplantings sodat hy ook die lekker van die lewe kan geniet.”

Genetika is die kern van Limagrain Zaad se saadontwikkeling en die sleutel tot volhoubaarheid vir boere. Tot 15% van die maatskappy se inkomste word teruggeploeg in navorsing en ontwikkeling, waarvan ՚n groot komponent die plaaslike toetsing van saad is.

By die navorsingstasies in Potchefstroom en Bapsfontein val die klem op teling van eie genetika in mielies, sojabone, sonneblom en koring, maar met Limagrain Zaad se internasionale bande word ander tegnologie ook ingetrek en beoordeel.

՚n Goeie verhouding met verskaffers van tegnologie is vir die maatskappy net so belangrik soos ՚n goeie ver houding met boere, sodat boere altyd ՚n KEUSE het vir elke plaas en seisoen.

Limagrain het drie kernwaardes: vooruitgang, deursettingsvermoë en samewerking. Etiek is ook onlosmaaklik deel van die maatskappy en vind neerslag in die gehalte van alle produkte. Die toepassing van etiese waardes spruit uit die maatskappy se onderskrywing van die internasionale rentmeesterskapprogram, Excellence Through Stewardship®.

Met die ondersteuning van Limagrain se navorsing en produkreeks en die goeie netwerk van plaaslike kundiges en verspreiders, kan boere gereeld besoeke en kundige raad van Limagrain Zaad se mense verwag.

Die maatskappy het 250 personeellede, met ՚n span verteenwoordigers en agente regoor die land, asook ՚n netwerk van depots en verspreidingspunte. “Ons is naby en bereikbaar,” sê Eugene, “ons sal seker maak ons kry jou saad gou by jou, met natuurlik die regte beplanning vooraf vir die seisoen.”

Eugene sê voorspellings dui daarop dat boere kan uitsien na ‘n goeie oesjaar, met normale tot bo-normale reënval in die meeste dele van die land.

“Die afgelope twee jaar was maar ՚n moeilike tyd vir almal, maar ons wil hoop en oplossings bring, en nie vaskyk teen moeilikheid nie. Ons doel is om ՚n verskil te maak in die landbou.”

Vind jou naaste verteenwoordiger op www.lgseeds.co.za of skakel Braam van den Berg by 072-118-8177.

0
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
0