Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 10th April 2026

Limagrain se LG31.755BR- en LG31.777BR-kultivars: ’n Slimmer benadering tot witmielieproduksie

By 5 min read
903 words

IMG_7951

In ’n bedryf waar klimaatsonsekerheid, insetkoste en opbrengsdruk steeds besluite beïnvloed, bring Limagrain Field Seeds ’n oortuigende oplossing na die mark met die bekendstelling van twee nuwe witmieliekultivars: LG31.755BR en LG31.777BR.

Tydens ’n onlangse besoek aan die produksiegebied van Viljoenskroon, was daar ’n geleentheid om met Limagrain se agronoom Riaan van Lill en Fanie Yssel, tegniese bestuurder vir agronomie, te gesels. Hul insigte op die land het nie net die genetiese krag van hierdie kultivars getoon nie, maar ook die strategiese denke wat hul ontwikkeling dryf.

Die boodskap is duidelik; moderne mielieproduksie vereis buigsaamheid, nie rigiedheid nie.

Twee kultivars, een strategie: risikobestuur deur diversiteit

Limagrain se benadering gaan nie oor ’n enkele wonder-kultivar nie. In plaas daarvan is LG31.755BR en LG31.777BR ontwerp om saam te werk en aan boere ’n dubbeldoelstelsel te bied wat risiko oor verskillende seisoenale scenario’s versprei.

  • 777BR: Medium groeilengte
  • 755BR; Lang groeilengte

Volgens Riaan is hierdie kombinasie kritiek in Suid-Afrikaanse toestande.

“Ons weet nie wat die seisoen gaan bring nie. As toestande vroeg ophou, dra die medium groeier jou. Kom die reën laat, lewer die lang groeier. Dis hoe jy jou opbrengs beskerm.”

Hierdie strategie verseker dat nie alle kultivars identies op uiterste weerstoestande reageer nie – ’n sleutelbeginsel in volhoubare graanproduksie.

LG31.755BR: Seisoen verleng en laat potensiaal ontsluit

LG31.755BR stel ’n nuwe maatstaf vir opbrengsstabiliteit en biologiese doeltreffendheid, veral in omgewings waar laat reën ’n bepalende faktor kan wees.

Waarom is LG31.755BR so suksesvol?

Verlengde bestuiwingsvenster

’n Suksesvolle opbrengs begin by bestuiwing. Elke eiersel moet bevrug word om ’n pit te vorm, en tydsberekening is van kritieke belang. LG31.755BR blink uit vanweë sterk sinchronisasie tussen stuifmeelstorting en uitstoot van die baard – sowel as addisionele stuifmeelproduksie vanaf die spruite, wat die bestuiwingsperiode verleng.

Hierdie meganisme verseker ’n meer volledige bestuiwing, selfs onder stres soos hitte of droogte.

Produktiewe spruitvorming en groter kop-potensiaal

Anders as tradisionele basters waar spruite dikwels nie-produktief is, produseer LG31.755BR produktiewe spruite.

  • Plante kan veelvuldige koppe produseer
  • Meeste spruit dra direk by tot die opbrengs

Volgens Fanie  skep dit ’n kragtige kompensasiemeganisme, want laer plantpopulasies lei tot meer koppe per plant met onder gunstige toestande

Voordeel van lang groeisiklus

As ’n lang groeiseisoen kultivar, is LG31.755BR steeds later in die seisoen aktief wat die volgende meebring:

  • Voortgesette pitvulling
  • Doeltreffende benutting van laat reën

Vermindering van risiko’s, soos kopvrotte, waar laat reën vroeë kultivars kan benadeel deur graankwaliteit te beïnvloed, word verminder. Ter selfde tyd is hul graanvulfase reeds voltooi en hulle kan nie meer op addisionele vog reageer nie. Hier bly LG31.755BR langer fisiologies aktief en benut dit hierdie laat vog effektief; gevolglik word ’n potensiële produksierisiko omskep in ’n werklike opbrengsgeleentheid.

Effektiewe watergebruik en sterk plantgesondheid

Ten spyte van sy robuuste groei, demonstreer die kultivar:

  • Verbeterde waterdoeltreffendheid
  • Gebalanseerde vegetatiewe en reproduktiewe groei
  • Volgehoue korrelvulling onder druk

Dit maak dit geskik vir matige tot hoëpotensiaal-omgewings (7-12 t/ha).

LG31.777BR: Buigsaam, aanpasbaar en gebou vir stabiliteit

Hierdie mediumgroeier vul die lang groeier aan en is ontwerp vir stabiliteit en aanpasbaarheid.

Vernaamste sterkpunte:

  • Hoë opbrengspotensiaal in sy klas
  • Sterk spruitvorming
  • Beproefde meerkoppigheid
  • Goeie siektetoleransie
  • Breë streeksaanpasbaarheid
  • Goeie stres toleransie

Wat ProAgri tydens die Viljoenskroon-proewe die meeste beïndruk het, is die kultivar se dinamiese reaksie op omgewingsomstandighede:

  • In gunstige seisoene produseer dit addisionele koppe, wat die opbrengs verhoog.
  • Onder stres (bv. droogte) kanaliseer die voedingstowwe en beskerm dit die primêre kop. Gevolglik word spruite ook gebruik as ’n reserwe-energiebron.

Riaan beskryf dit op ’n praktiese manier: “Die spruite funksioneer soos ’n reserwetenk. As die seisoen verander, trek die plant hulpbronne terug om die hoofkop te vul. Dis waar jou sekuriteit lê.”

Prestasie by laer plantpopulasies

LG31.777BR bied ook buigsaamheid in die plantstrategie:

  • Presteer goed, selfs by verminderde plant digtheid
  • Kompenseer deur addisionele kopvorming
  • Dit lei tot:
  • Laer insetkoste van saad
  • Verbeterde droogtetoleransie
  • Verhoogde bestuursbuigsaamheid

Genetika wat fokus op boere se uitkomste

’n Sleutelfaktor vir Limagrain is sy uitsluitlike fokus op saad. Anders as mededingers wat chemiese pakkette bied, kanaliseer Limagrain sy belegging in genetiese verbetering en teling.

Fanie sê die klem is op prestasie, stabiliteit en aanpasbaarheid. “Boere kry dus meer keuses, nie meer kompleksiteit nie. Basters word ontwikkel om by regte boerderytoestande te pas, wat ’n praktiese stelsel bied vir moderne mielieboere.”

Die ware waarde van LG31.755BR en LG31.777BR lê egter in hoe hulle saam gebruik word.

Deur albei kultivars te kombineer, kan boere:

  • Klimaatsrisko versprei
  • Beskerming bied teen seisoene wat vroeg ten einde loop
  • Laatreën benut
  • Algehele konsekwente opbrengs verbeter

Hierdie benadering verseker dat nie al die mielies tersefdertyd aan dieselfde risiko’s blootgestel word nie.

Gebou vir prestasie, bewese op die land

Die bekendstelling van LG31.755BR en LG31.777BR weerspieël ’n skuif na slimmer, meer veerkragtige mielieproduksiestelsels. Ondersteun deur sterk veldprestasie landwyd en die insigte van agronome soos Riaan en Fanie, bied hierdie kultivars:

  • ’n Hoë opbrengspotensiaal
  • Aanpasbaarheid met betrekking tot wisselende toestande
  • Verminderde produksierisiko
  • Groter bestuursbuigsaamheid

Vir Suid-Afrikaanse boere wat witmielies plant, is die boodskap eenvoudig: Sukses gaan nie meer oor die keuse van slegs een kultivar nie – dit gaan oor die keuse van hoe die regte kombinasie op die doeltreffendste manier ingespan kan word.

Vir meer inligting oor hierdie witmieliekultivars en hoe boere daarby kan baatvind, skakel 017-647-6431, stuur e-pos na lgsainfo@limagrain.com, of besoek hul webtuiste by www.lgseeds.co.za

 

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1