Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 23rd May 2024

Landboustudente kry ’n les in presisietegnologie by CASE IH

By 2 min read
337 words

DSC_0055

Jongmense is die toekoms van landbou, só glo CASE IH. Dit is waarom hulle moeite doen om jong landboustudente op hoogte te hou van die nuutste en opwindendste tegnologie op die mark.

Tydens NAMPO 2024 het daar ’n groep landboustudente ’n draai by CASE IH se uitstalling gaan maak, om hulle ore te spits vir meer inligting oor die tegnologie.

CASE IH kén tegnologie. Hulle het ’n verbindingskamer, waar hulle kan dophou wat met al hulle masjinerie en trekkers gebeur en waar hulle werk via GPS. Dit is hier waar die landboustudente eerste stilgestaan het.

Die landboustudente luister aandagtig na inligting oor die nuwe tegnologie wat op die mark is.

Die verbindingskamer is toegerus met skerms reg in die rondte om al die bewegings en intydse statistiek dop te hou.

Diederik Husselmann is die bestuurder van Gekoppelde Dienste. Hy gee ’n kort oorsig oor CASE IH se gekoppelde dienste: “Aan die vervaardigerskant kan ons al die masjinerie moniteer, regoor die Suid-Afrikaanse vloot. Dit is om staantyd te verminder.”

Daar is dan ’n ander gedeelte wat die CASE-takke en -handelaars dophou. Dit is sodat hulle so gou as moontlik in kontak kan kom met die boer om probleme op te los.

CASE IH se toerusting is van hoek tot kant ondersoek deur hierdie ywerige jong studente!

Hierdie twee stelsels werk saam om alles so goed en glad as moontlik te laat verloop vir die boer.

CASE IH se tegnologie is dié van voorlopers! Esmond Coen, ‘n presisietegnologiespesialis, verduidelik hoe die dataversameling van agronomiese-  en masjiendata werk. “Dit is hoëtegnologie toerusting wat in ons voertuie is. Die inligting word uitgestuur van die plaas af en aanlyn vertolk.”

Die landboustudente het ’n lekker les oor die presisietegnologie gekry wat tans op die mark en op CASE IH se toerusting beskikbaar is. “Ons wil graag al die inligting oordra om hulle ingelig te hou vir die toekoms,” sê Esmond.

Om meer te leer oor CASE IH se presisietegnologie of in kontak te kom, besoek hulle webtuiste by www.caseih.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0