Categories: Stock and game farmingPublished On: 6th September 2016

Laat trap jou beeste in hulle spoor 2:

By 3 min read
501 words

johan hoewe sept feature

Johan hoewe maak X-bene ✓-bene

‘n Probleem sonder aansiens des persoons is X-benigheid. Alle beesrasse, sonder uitsondering, het hierdie probleem. Selfs koedoes, elande, rooibokke, buffels en ander diere se voorbene lyk soms soos ’n X as hulle na jou toe aankom en dit is logies dat so ’n dier nie gemaklik kan loop nie en dus nie so goed presteer as wat hy of sy met normale bene sou kon doen nie.

Hoe moet voorbene lyk?

As jy ’n dier met korrekte bene van voor af bekyk, moet jy ’n vertikale lyn kan trek van die punt van die skouer tot by die middel van die klou. Hierdie lyn moet deur die middel van die knie loop. ’n Bul is oorwegend X-benig wanneer die kniegewrig binnekant hierdie vertikale lyn is. Dit sal dan lei tot uitermatige uitgroei van die buitekloue, wat die probleem verder vererger.

Die kniegewrig dra meer as die helfte van die bul se gewig wanneer hy loop, daarom kan die afwykings van die lyn deur die knie uitermatige slytasie van die gewrigte veroorsaak.

’n X-benige bul sal uitdraaikloue hê, maar tot en met 10 grade is aanvaarbaar.

X-benigheid gaan gewoonlik gepaard met duiwelsgreep (knyp agter die skouers). As die dier X-benig is, sal die buiteklou hoër wees as die binneklou, wat veroorsaak dat die lyn wat in die middel van die knie moet wees aan die buitekant sal wees sodat die bobeen na binne neig en die onderbeen na buite.

Die binneklou sal nou wegdraai en ’n kurktrekker-vorm aanneem, ’n duidelike eerste teken dat die bees se voorste wielsporing uit is. Dit is vir die regstellende hoefknipper baie eenvoudig om die probleem heeltemal reg te stel deur net aan die buiteklou te snoei tot hy parallel is met die binneklou. Soms kan dit nie net met een regsnysessie vermag word nie en ’n goeie bestuursplan moet gevolg word, veral as ’n skoudier op ’n volvoerdieet is.

As die buiteklou parallel met die binneklou geknip word en glad nie aan die binneklou gesny word nie, sal die wielsporing nou reg wees en die lyn wat deur die knie loop reguit trek.

Johan Hoewe Combrink het al die regte toerusting en spesialiseer in die regknip van beeste se hoewe. Vir meer inligting, praat met hom by 082-568-5034 of stuur ’n e-pos aan info@johanhoewe.co.za.Besoek ook sy webwerf by www.johanhoewe.co.za en sy bakkiesblad by https://www.facebook.com/johan.hoewe.7?ref=ts&fref=ts

Die skets links wys hoe ’n bees se voorbeen behoort te lyk. As ’n denkbeeldige lyn van die skouer af tot tussen die twee kloutjies getrek word, moet dit deur die middel van die knie loop. Regs is ’n voorbeeld van X-benigheid. Die denkbeeldige lyn loop buite die knie verby, die poot draai na buite en die buite-kloutjie is langer as die binne-kloutjie. So ’n dier loop ongemaklik en presteer daarom nie optimaal nie. Die oneweredige las op gewrigte kan tot verdere probleme lei.

Die skets links wys hoe ’n bees se voorbeen behoort te lyk. As ’n denkbeeldige lyn van die skouer af tot tussen die twee kloutjies getrek word, moet dit deur die middel van die knie loop. Regs is ’n voorbeeld van X-benigheid. Die denkbeeldige lyn loop buite die knie verby, die poot draai na buite en die buite-kloutjie is langer as die binne-kloutjie. So ’n dier loop ongemaklik en presteer daarom nie optimaal nie. Die oneweredige las op gewrigte kan tot verdere probleme lei.

voor

voor

Na slegs een regstellende kloutjieknip

Na slegs een regstellende
kloutjieknip

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0