Categories: GewasproduksiePublished On: 7th May 2025

Kynoplus Pro®: Kynoch bied ‘n nuwe stikstofoplossing vir graanboere

By 4 min read
848 words

IMG_2037

Kynoplus Pro® kan ewe doeltreffend deur middel van hommeltuie of kunsmisstrooiers toegedien word.

Boerdery in Suid-Afrika is nie vir bangbroeke nie. Dit verg deursettingsvermoë, kennis en die regte hulpmiddels om wisselvallige weer, stygende insetkoste en uiteenlopende grondtipes in ‘n winsgewende oes te omskep. Dit is hoekom boere altyd op soek is na produkte wat nie net meer sekerheid bring nie, maar ook ‘n beter opbrengs op hulle belegging. Een van die nuutste produkte wat hierdie seisoen op plaasvlak bekendgestel word, is Kynoplus Pro®, ‘n splinternuwe urease-onderdrukker van Kynoch Kunsmis.

Kynoplus Pro® word tydens NAMPO 2025 bekendgestel en sal die bestaande Kynoplus® vervang met verbeterde beskerming teen stikstofverliese en ‘n nog groter opbrengspotensiaal vir boere. Die produk is nie bloot ‘n nuwe etiket nie. Dit is ‘n beduidende sprong vorentoe, gebou op jare se navorsing en die vertroue wat boere al dekades lank in dié maatskappy stel.

Kynoch is sedert 1919 deel van die landbougrondslag van Suid-Afrika. Wat begin het as ‘n verskaffer van kunsmis en plofstowwe, het ontwikkel tot ‘n moderne, volhoubare landbouvennoot wat spesialiseer in presisie-plantvoeding en boere-ondersteuning. Vandag is Kynoch bekend vir meer as net hulle gehalte kunsmis. Hulle bied ook tegniese kundigheid en pasgemaakte oplossings wat plaaswerk regtig ondersteun.

Wat Kynoch se benadering uniek maak, is dat hulle verstaan dat elke plaas anders is. Of jy nou mielies in Mpumalanga of koring in die Wes-Kaap plant, Kynoch se span landboukundiges werk saam met jou om strategieë op te stel wat jou grond, jou gewas en jou produksiedoelwitte ondersteun.

As jy al met ureum-gebaseerde kunsmis geboer het, weet jy stikstofverliese deur vervlugting kan stilweg groot verliese veroorsaak. Wanneer ureum toegedien word, begin grondensiematiese aktiwiteit (veral urease) dit afbreek. Hierdie proses kan veroorsaak dat stikstof as ammoniakgas in die atmosfeer verlore gaan, veral wanneer toestande soos hoë temperature, hoë pH-gronde of oppervlaktetoediening sonder reën voorkom.

Navorsing toon dat tot 50% van die toegediende stikstof so verlore kan gaan as die toestande ongunstig is. Dis letterlik geld wat wegwaai en potensiële opbrengs wat nooit werklikheid word nie.

Daar is natuurlik maniere om die risiko te verminder soos om kunsmis in te werk, dit net voor reën toe te dien, of jou toedieningshoeveelhede te optimaliseer, maar selfs met goeie praktyke kom verliese steeds voor. Dit is hier waar urease-onderdrukkers ‘n belangrike rol speel.

Kynoplus Pro® is van Mei 2025 beskikbaar.

Wat maak Kynoplus Pro® anders?

Kynoplus Pro® is nie bloot ‘n aanpassing van ‘n bestaande formule nie. Dit is ‘n nuwegeslag urease-onderdrukker, met twee aktiewe bestanddele: NBPT (N-n-butiel tiofosforiese triamied) ‘n beproefde element, en ‘n nuwer komponent, Duromide. Kynoplus Pro® word aangedryf deur Anvol wat twee aktiewe bestanddele het, naamlik NBPT en Duramide.

Hierdie twee werk saam om ‘n meer volhoubare en betroubare beskerming teen stikstofverliese te bied, selfs in wisselvallige veldtoestande waar dinge selde ideaal is.

“NBPT het al goed gewerk, maar die byvoeging van Duromide bring dit op ‘n nuwe vlak,” verduidelik dr Chris Schmidt, hooflandboukundige by Kynoch. “Hierdie kombinasie gee produsente ‘n langer beskermingstydperk, beter stabiliteit in kunsmismengsels, en meer gemoedsrus.”

Die formule is ook meer stabiel in komplekse mengsels, veral dié wat MAP (monoammoniumfosfaat) en AS (ammoniumsulfaat) bevat, wat algemeen in Suid-Afrikaanse programme voorkom. Dit beteken jy kry deurlopende, betroubare werkverrigting, maak nie saak of jy nou Kynoplus Pro® as losstaande stikstofbron of as deel van ‘n mengsel gebruik nie.

Hentie Cilliers en dr Chris Schmidt, landboukundiges van Kynoch, is die kenners op die splinternuwe Kynoplus Pro® wat tydens NAMPO 2025 bekend gestel word. Hierdie produk stel die nuwe standaard in die bedryf vir die voorkoming van stikstofverlies deur vervlugtiging.

Meer van jou stikstof bly in die grond waar jou plante dit kan opneem eerder as om verlore te gaan. Jy kry beter stikstofbenutting, sterker plantegroei, en uiteindelik hoër opbrengste. Die somme maak sin. Volgens Kynoch se veldproewe hoef ‘n mielieboer slegs 30 tot 40 kg ekstra graan per hektaar te oes om die koste van Kynoplus Pro® te dek. Daarna is dit net wins. Vir elke R1 wat jy belê, wys proewe ‘n opbrengsverbetering van tussen R10 en R80, afhangend van jou omgewing en bestuur.

Kynoplus Pro® is deel van Kynoch se groter strategie om Verbeterde Doeltreffendheidskunsmis (EEF) aan te bied. Dit is produkte wat slimmer werk, nie net harder nie. Hierdie benadering verhoog voedingstofbenutting en verminder verliese tot die minimum.

Kynoch bied meer as net kunsmis aan hulle klante. Hulle span ondersteun boere met plaasvlakadvies, rugsteun deur proefdata, satellietbeeldtegnologie en digitale hulpmiddels wat help om voedingstrategieë aan te pas namate toestande verander.

Kynoch is ‘n bewese naam in die bedryf en produkte is ontwikkel met plaaslike navorsing vir Suid-Afrikaanse gronde en gewasse.

Kynoplus Pro® is deel van Kynoch se groter strategie om Verbeterde Doeltreffendheidskunsmis (EEF) aan te bied.

Namate die druk op insetkoste, omgewingsvolhoubaarheid en opbrengs toeneem, is produkte soos Kynoplus Pro® nie ‘n luukse nie – dit is ‘n noodsaaklikheid. Dit help boere om meer met minder te doen, en bou aan die langtermyn volhoubaarheid van Suid-Afrikaanse landbou.

Kynoplus Pro® is beskikbaar vanaf Mei 2025. Dis ‘n belegging in jou grond, jou oes, en jou gemoedsrus. Vir meer inligting, of om met ‘n Kynoch-landboukundige te gesels oor hoe Kynoplus Pro® in jou kunsmisprogram inpas, besoek gerus www.kynoch.co.za.

5

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

5