Besproei vir groei: Reinke SA en vennote skep geleentheid vir skole om in landbou te groei

reinke
Reinke SA, in samewerking met ’n groep strategiese landbouvennote, het die Besproei vir Groei Landbouprojek vir Skole van stapel gestuur. Hierdie is ’n inisiatief wat daarop gemik is om jongmense se belangstelling in landbou te stimuleer en praktiese geleenthede vir landbou-onderrig en -ontwikkeling by skole te skep.
Die kompetisie bied aan Suid-Afrikaanse skole met ’n landbou- of landbouverwante fokus die geleentheid om hul eie landbouprojek te ontwikkel. Skole word uitgenooi om ’n besigheidsplan in te dien wat uiteensit hoe hulle ’n volhoubare landbouprojek by hul skool wil vestig en bestuur.
Die doel van die projek is om leerders nie net aan die teorie van landbou bloot te stel nie, maar om hulle die geleentheid te bied om praktiese ervaring in landbou, voedselproduksie, waterbestuur en landbou-onderneming op te doen.
Die wenner van die Besproei vir Groei-projek ontvang ’n besproeiinginsetpakket vir ’n landbouprojek van tot 5 hektaar, met verdere produkte, ondersteuning en kundigheid wat deur die projek se vennote beskikbaar gestel word.
Die groter doel is om saam met die wen-skool ’n praktiese en volhoubare landbouprojek te skep wat as ’n leerplatform vir leerders kan dien en hulle kan inspireer om die moontlikhede van ’n loopbaan of onderneming in landbou te ontdek.
“Ons glo dat die toekoms van landbou begin by die jongmense wat vandag die geleentheid kry om dit te ervaar,” sê Sulene Oosthuizen, Bemarkings Koördineerder by Reinke SA. “Deur skole, die landboubedryf en ons vennote bymekaar te bring, wil ons ’n tasbare geleentheid skep waar leerders kan leer, eksperimenteer en sien wat moontlik is wanneer ’n mens in landbou belê.”
Inskrywings:
Inskrywings open op 1 September 2026 en sluit op 31 Oktober 2026. Skole kan aanlyn via Reinke SA se webtuiste inskryf. Navrae oor die projek en inskrywings kan ook gerig word aan: Sulene Oosthuizen – so@reinke.africa
Projekvennote:
Die Besproei vir Groei Landbouprojek vir Skole word moontlik gemaak deur die samewerking en ondersteuning van: EST. 1957
Sien Reinke SA in aksie:
Besoek ons YouTube-kanaal vir video’s oor Reinke SA, ons bespreoeiingsoplossings en landbou in aksie. Skandeer die QR-kode om te kyk.
