Kyk net wat in Mahindra se Scorpio N steek!

IMG_4114
’n Joernalis by ProAgri kry baie voordele: interessante boere ontmoet, boeredae bywoon, die nuutste tegnologie besigtig, die land platreis … maar wat al hierdie ervarings van goed na die beste neem, is dat dit alles gedoen kan word in Mahindra se Scorpio N! En nou spog ons nie met net een van hierdie giftige voertuie nie, maar twee!
ProAgri Media is gereed om in samewerking met Jaglekker wildsplase, grondpaaie en plantasies stowwerig te ry met hierdie robuuste en spoggerige sportnutsvoertuig.
Skerp, sterk en vinnig, nes ’n skerpioen!
Gert Erasmus is ’n top verkoopsverteenwoordiger by Mahindra Alberton. Hy vertel met ’n breë bors waarom die Scorpio N een van die gewildste voertuie op die mark is.
Om mee te begin is hierdie voertuig se brandstofverbruik uitstekend, met tussen 13 en 14,5 km per liter diesel. Dit beteken jy kan rondrits van hier tot daar sonder enige bekommernisse.
Verder is die Scorpio ruim met sewe sitplekke, alhoewel die agterste sitplek ook opgeslaan kan word om meer plek te maak vir toerusting en bagasie. Dit is perfek vir gesinne, boere of enigiemand met baie bagasie. Daar is genoeg plek vir selfs die hond om ook in te spring vir die rit!

Quintus Grobler van ProAgri Media / Jaglekker en Gert Erasmus van Mahindra Alberton is in hulle noppies met die Scorpio N.
Hierdie voertuig is só ontwerp om rowwe terreine lag-lag te kan hanteer. “Die Scorpio het ’n bakkie-onderstel en die bande is groot genoeg (45 cm / 18 dm) vir veldry,” verduidelik Gert. “Dit het ook side steps wat die liggaam beskerm.”
Vir die gebruiker wat hou van ’n luukse gevoel, pronk die voertuig met ’n sondak wat dit lig en oop laat voel. Die bekleedsel binne is ’n warm, sjokoladebruin leer, wat nie net mooi lyk nie, maar ook gemaklik sit. Die Android Auto en Apple Carplay is gerieflik vir musiek, GPS-stelsel of oproepe via die voertuig wil speel.

Só lyk die deftige, gerieflike kajuit van die Mahindra Scorpio N.
Vir ekstra gebruikersvriendelikheid het die stuurwiel knoppies vir al die belangrikste funksies. Die bestuurder kan ook terugsit en ontspan met die spoedbeheerfunksie. Sou dit so verlang word, kan die Scorpio ook in handrat bestuur word.
Die Scorpio-N is beskikbaar in ՚n 2,2-liter mHawk-turbodiesel met n maksimum krag van 128 kW en 400 Nm.

Die Mahindra-embleem pronk trots op hierdie blink, blitsige voertuig.
“Baie dankie ook vir Jaglekker en ProAgri Media dat ons saam kan werk. Ons sien uit na die vennootskap wat ons saam het,” glimlag Gert.
Vir enige navrae, kontak Gert van Mahindra Alberton by (+27)64-522-9915, 011-724-3074 of stuur ’n e-pos na gert@rvm.co.za. Besoek gerus Mahindra Alberton se webblad by www.mahindraalberton.co.za.